{"title":"Nature of rights, permission and permits to minerals under the Mineral and Petroleum Resources Development Act 28 of 2002: a novel two-fold test?","authors":"PJ Badenhorst","doi":"10.47348/tsar/2023/i4a1","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"In die Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937 word ’n onderskeid getref tussen saaklike regte wat registreerbaar is in die aktesregister en persoonlike regte wat nie aldus registreerbaar is nie. Die wetgewer het nuwe kategorieë regte ten aansien van minerale in die Mineral and Petroleum Resources Development Act 28 van 2002 geskep. Sodanige prospekteerregte en mynregte word as beperkte saaklike regte deur die wet aangemerk terwyl die aard van toestemmings en permitte ten aansien van minerale nie omskryf word nie. Die wet verg dat prospekteerregte en mynregte geregistreer moet word. Die Wet op die Registrasie van Myntitels 16 van 1967 maak voorsiening vir die registrasie van prospekteerregte en mynregte en die aantekening van toestemmings en permitte ten aansien van minerale. Die registrasie van regte in die akteskantoor is vergelykbaar met die registrasie van regte in die Minerale en Petroleum Titels Registrasiekantoor. Ten einde te bepaal of ’n reg ’n saaklike reg en dus registreerbaar is in die akteskantoor, maak die howe gebruik van ’n tweeledige toets, naamlik die subtraction from the dominium-toets en die bedoelingstoets. Die subtraction from the dominium-toets word ook deur die howe en sommige akademici gebruik om te bevestig dat prospekteerregte en mynregte inderdaad saaklike regte is. Toestemmings en permitte ten aansien van minerale word by analogie, met ’n beroep op die subtraction from the dominium-toets, ook as saaklike regte beskou. Daar bestaan egter ook beskouings dat permitte en toestemmings eerder persoonlike regte of regte sui generis is, veral omdat die wet in verskeie opsigte self onderskei tussen regte ten aansien van minerale aan die een kant en permitte of toestemmings aan die ander kant. In die artikel word betoog dat ’n vermindering van bevoegdhede ingevolge die subtraction from the dominium-toets nie regtig plaasvind indien regte, toestemmings en permitte toegeken of uitgereik word deur die staat nie. Voorts word betoog dat die toets nie gebruik kan word om die aard van regte, toestemmings of permitte te bepaal nie. Daar word voorgestel dat ’n alternatiewe toets, die sogenaamde subtraction from the imperium-toets gebruik word. Daar word verder aangetoon dat die staat uit hoofde van vermeende voogdyskap (of imperium) ingevolge die Mineral and Petroleum Resources Development Act oor ’n reeks bevoegdhede beskik. Wanneer regte, toestemmings of permitte ten aansien van minerale toegeken of uitgereik word, vind daar eerder ’n beperking van bevoegdhede van die staat se imperium as die eiendomsreg van die eienaar van die grond plaas. ’n Beperking van inhoudsbevoegdhede van die eienaar van die grond vind slegs plaas as byvoorbeeld ’n huurkontrak ten aansien van die grond met ’n mynboumaatskappy aangegaan word. Daar word ook aangetoon dat die bedoelingstoets nie suksesvol gebruik kan word om die aard van regte, permitte en toestemmings ten aansien van minerale te bepaal nie. Die tradisionele privaatregtelike eienskappe van saaklike regte en persoonlike regte word met redelike gemak toegepas op regte, toestemmings en permitte ten aansien van minerale. Die toekenning van prospekteerregte en mynregte as ’n administratiewe handeling word ook kortliks bespreek om aan te toon dat sodanige toekenning slegs neerkom op ’n administratiewe vergunning om ’n notariële kontrak te sluit en te registreer (al is prospekteerders en myners statutêr daartoe verplig). Met ander woorde, dit is bloot ’n vergunning om voort te kan gaan en om ’n saaklike reg te verkry. Daar word ook aangetoon dat tydens registrasie van prospekteerregte of mynregte sodanige administratiewe vergunning, wat nie ontginningsbevoegdhede tot inhoud het nie, nie omgetower word in ’n saaklike reg nie, net soos ’n persoonlike reg ingevolge ’n koopkontrak van grond kragtens geykte reg nie omgetower word in ’n saaklike reg tydens registrasie in die aktesregister nie.","PeriodicalId":53590,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","volume":"31 1","pages":"0"},"PeriodicalIF":0.2000,"publicationDate":"2023-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.47348/tsar/2023/i4a1","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q4","JCRName":"LAW","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
In die Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937 word ’n onderskeid getref tussen saaklike regte wat registreerbaar is in die aktesregister en persoonlike regte wat nie aldus registreerbaar is nie. Die wetgewer het nuwe kategorieë regte ten aansien van minerale in die Mineral and Petroleum Resources Development Act 28 van 2002 geskep. Sodanige prospekteerregte en mynregte word as beperkte saaklike regte deur die wet aangemerk terwyl die aard van toestemmings en permitte ten aansien van minerale nie omskryf word nie. Die wet verg dat prospekteerregte en mynregte geregistreer moet word. Die Wet op die Registrasie van Myntitels 16 van 1967 maak voorsiening vir die registrasie van prospekteerregte en mynregte en die aantekening van toestemmings en permitte ten aansien van minerale. Die registrasie van regte in die akteskantoor is vergelykbaar met die registrasie van regte in die Minerale en Petroleum Titels Registrasiekantoor. Ten einde te bepaal of ’n reg ’n saaklike reg en dus registreerbaar is in die akteskantoor, maak die howe gebruik van ’n tweeledige toets, naamlik die subtraction from the dominium-toets en die bedoelingstoets. Die subtraction from the dominium-toets word ook deur die howe en sommige akademici gebruik om te bevestig dat prospekteerregte en mynregte inderdaad saaklike regte is. Toestemmings en permitte ten aansien van minerale word by analogie, met ’n beroep op die subtraction from the dominium-toets, ook as saaklike regte beskou. Daar bestaan egter ook beskouings dat permitte en toestemmings eerder persoonlike regte of regte sui generis is, veral omdat die wet in verskeie opsigte self onderskei tussen regte ten aansien van minerale aan die een kant en permitte of toestemmings aan die ander kant. In die artikel word betoog dat ’n vermindering van bevoegdhede ingevolge die subtraction from the dominium-toets nie regtig plaasvind indien regte, toestemmings en permitte toegeken of uitgereik word deur die staat nie. Voorts word betoog dat die toets nie gebruik kan word om die aard van regte, toestemmings of permitte te bepaal nie. Daar word voorgestel dat ’n alternatiewe toets, die sogenaamde subtraction from the imperium-toets gebruik word. Daar word verder aangetoon dat die staat uit hoofde van vermeende voogdyskap (of imperium) ingevolge die Mineral and Petroleum Resources Development Act oor ’n reeks bevoegdhede beskik. Wanneer regte, toestemmings of permitte ten aansien van minerale toegeken of uitgereik word, vind daar eerder ’n beperking van bevoegdhede van die staat se imperium as die eiendomsreg van die eienaar van die grond plaas. ’n Beperking van inhoudsbevoegdhede van die eienaar van die grond vind slegs plaas as byvoorbeeld ’n huurkontrak ten aansien van die grond met ’n mynboumaatskappy aangegaan word. Daar word ook aangetoon dat die bedoelingstoets nie suksesvol gebruik kan word om die aard van regte, permitte en toestemmings ten aansien van minerale te bepaal nie. Die tradisionele privaatregtelike eienskappe van saaklike regte en persoonlike regte word met redelike gemak toegepas op regte, toestemmings en permitte ten aansien van minerale. Die toekenning van prospekteerregte en mynregte as ’n administratiewe handeling word ook kortliks bespreek om aan te toon dat sodanige toekenning slegs neerkom op ’n administratiewe vergunning om ’n notariële kontrak te sluit en te registreer (al is prospekteerders en myners statutêr daartoe verplig). Met ander woorde, dit is bloot ’n vergunning om voort te kan gaan en om ’n saaklike reg te verkry. Daar word ook aangetoon dat tydens registrasie van prospekteerregte of mynregte sodanige administratiewe vergunning, wat nie ontginningsbevoegdhede tot inhoud het nie, nie omgetower word in ’n saaklike reg nie, net soos ’n persoonlike reg ingevolge ’n koopkontrak van grond kragtens geykte reg nie omgetower word in ’n saaklike reg tydens registrasie in die aktesregister nie.
期刊介绍:
This multilingual periodical is published quarterly by Juta for the Faculty of Law, University of Johannesburg. This scholarly and practical journal covers a broad spectrum of topics pertinent to the legal community.