{"title":"China se lang, onvoltooide twintigste eeu en die moontlike gevolge wat dit vir Afrika inhou","authors":"C. Lötter","doi":"10.17159/2224-7912/2022/v62n3a6","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"In hierdie bydrae word ondersoek ingestel na die ongeewenaarde ekonomiese vooruitgang en gepaardgaande grootmoondheidambisies van China. In die besonder word gevra wat die moontlike gevolge van hierdie epogverskuiwende ontwikkeling vir die vasteland van Afrika sou wees. China se strewe na grootmoondheidstatus in die 21ste eeu word gewoonlik aan die hand van of realisme of idealisme verduidelik, maar ek wil graag daarna kyk vanuit 'n geskiedkundige invalshoek, wat blyk 'n unieke oogpunt te wees. Ek ondersoek die invloed wat die houvas van 'n geskiedkundige gesindheid op die Chinese psige het in hul naarstige soektog na grootmoondheidstatus. Die sogenaamde \"Chinese Droom\" offuqiang (\"welvaart en mag\") word gerugsteun deur die retoriek van die \"honderd jaar van vernedering\" (18421949). Daar is egter ook ander faktore wat 'n bydrae lewer tot die vermoede dat beweegredes eie aan die twintigste eeu die aansporing mag wees tot die ongekende industriele, militere en ekonomiese groei in China. My gekose metodologie is die poststrukturalisme, wat my in staat stel om met vrug benaderings in ag te neem wat selfs teenstrydig met mekaar is. Ek kom tot die gevolgtrekking dat China se rol in Afrika se welvaart van die 21ste eeu genuanseerd is. Nie net is daar talle rolspelers (soos Rusland en die Verenigde State) wat 'n belang by Afrika het nie, maar Afrika is vanuit 'n Chinese oogpunt maar van geringe belang. Die Chinese invloed op Afrika blyk grotendeels voordelig vir die vasteland te wees, maar daar moet ook gelet word op die beperkings wat China se geneigdheid tot outokrasie het op die land se ontwikkelingsvooruitsigte.","PeriodicalId":42800,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Geesteswetenskappe","volume":" ","pages":""},"PeriodicalIF":0.2000,"publicationDate":"2022-09-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Tydskrif Vir Geesteswetenskappe","FirstCategoryId":"98","ListUrlMain":"https://doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a6","RegionNum":4,"RegionCategory":"文学","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q4","JCRName":"SOCIAL ISSUES","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
In hierdie bydrae word ondersoek ingestel na die ongeewenaarde ekonomiese vooruitgang en gepaardgaande grootmoondheidambisies van China. In die besonder word gevra wat die moontlike gevolge van hierdie epogverskuiwende ontwikkeling vir die vasteland van Afrika sou wees. China se strewe na grootmoondheidstatus in die 21ste eeu word gewoonlik aan die hand van of realisme of idealisme verduidelik, maar ek wil graag daarna kyk vanuit 'n geskiedkundige invalshoek, wat blyk 'n unieke oogpunt te wees. Ek ondersoek die invloed wat die houvas van 'n geskiedkundige gesindheid op die Chinese psige het in hul naarstige soektog na grootmoondheidstatus. Die sogenaamde "Chinese Droom" offuqiang ("welvaart en mag") word gerugsteun deur die retoriek van die "honderd jaar van vernedering" (18421949). Daar is egter ook ander faktore wat 'n bydrae lewer tot die vermoede dat beweegredes eie aan die twintigste eeu die aansporing mag wees tot die ongekende industriele, militere en ekonomiese groei in China. My gekose metodologie is die poststrukturalisme, wat my in staat stel om met vrug benaderings in ag te neem wat selfs teenstrydig met mekaar is. Ek kom tot die gevolgtrekking dat China se rol in Afrika se welvaart van die 21ste eeu genuanseerd is. Nie net is daar talle rolspelers (soos Rusland en die Verenigde State) wat 'n belang by Afrika het nie, maar Afrika is vanuit 'n Chinese oogpunt maar van geringe belang. Die Chinese invloed op Afrika blyk grotendeels voordelig vir die vasteland te wees, maar daar moet ook gelet word op die beperkings wat China se geneigdheid tot outokrasie het op die land se ontwikkelingsvooruitsigte.
期刊介绍:
Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe word gewy aan die publikasie van oorspronklike navorsing en oorsigartikels in die teologie, kuns en kulturele, sosiale, ekonomiese en opvoedkundige wetenskappe, sowel as aan boekbesprekings.