{"title":"Die fondament en hoeksteen wat Patrick Petersen gele het en die monument wat Hein Willemse bou","authors":"K. de Wet","doi":"10.17159/2224-7912/2022/v62n3a14","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Ons het [...] ver versit verskyn aan die einde van 2021 – die jaar waarin die digter Patrick J Petersen sewentig sou word. Dit staan in die teken van huldiging1 en herwaardering terwyl die digter se stem opklink in sy eie woorde, sy versamelde werk soos wat dit neerslag gevind het in toesprake, onderhoude en gedigte. Die versamelde poësie sluit al die gedigte uit sy drie digbundels in (amandla ngawethu, ca. 1985), Advent (1988) en Vergenoeg (1993) en ook die lang gedig “ons kom van ver af” – wat in ’n gelyknamige bloemlesing2 verskyn het en waaruit ook hierdie boek se titel geneem is. Die gedig het ’n narratiewe trant, en die herhaling van en variasies op die titelreël, is net een saak wat meewerk daartoe dat dit baie goed op ’n podium sal werk in voorlees of voordrag. Dit is ’n gedig uit die tradisie van versetpoësie in die tagtigerjare en waarin geskiedenis, herkoms, stellinginname, oproep en identiteit soos ’n manifes aangebied word en sodoende ’n illustrasie word van Petersen se vaardighede as orator, wat ook uit die toesprake duidelik blyk. Op die agterblad van amandla ngawethu word die vooropstel van voordraagbaarheid en bruikbaarheid van Petersen (ca. 1985) se versetgedigte reeds aangedui: “(D)ie gedigte in hierdie bundel kan nuttig gebruik word deur die swart leser by protesoptogte, begrafnisse en vergaderings in die stryd teen apartheid.” In hierdie verband dui Willemse (p. 8) aan dat Petersen ’n “uitgesproke voorstander (was) van demotiese taalgebruik in die poësie en die aanwending van dialekskryf sodat die stemme van gewone mense gehoor kon word”.","PeriodicalId":42800,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Geesteswetenskappe","volume":" ","pages":""},"PeriodicalIF":0.2000,"publicationDate":"2022-09-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Tydskrif Vir Geesteswetenskappe","FirstCategoryId":"98","ListUrlMain":"https://doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a14","RegionNum":4,"RegionCategory":"文学","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q4","JCRName":"SOCIAL ISSUES","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
Ons het [...] ver versit verskyn aan die einde van 2021 – die jaar waarin die digter Patrick J Petersen sewentig sou word. Dit staan in die teken van huldiging1 en herwaardering terwyl die digter se stem opklink in sy eie woorde, sy versamelde werk soos wat dit neerslag gevind het in toesprake, onderhoude en gedigte. Die versamelde poësie sluit al die gedigte uit sy drie digbundels in (amandla ngawethu, ca. 1985), Advent (1988) en Vergenoeg (1993) en ook die lang gedig “ons kom van ver af” – wat in ’n gelyknamige bloemlesing2 verskyn het en waaruit ook hierdie boek se titel geneem is. Die gedig het ’n narratiewe trant, en die herhaling van en variasies op die titelreël, is net een saak wat meewerk daartoe dat dit baie goed op ’n podium sal werk in voorlees of voordrag. Dit is ’n gedig uit die tradisie van versetpoësie in die tagtigerjare en waarin geskiedenis, herkoms, stellinginname, oproep en identiteit soos ’n manifes aangebied word en sodoende ’n illustrasie word van Petersen se vaardighede as orator, wat ook uit die toesprake duidelik blyk. Op die agterblad van amandla ngawethu word die vooropstel van voordraagbaarheid en bruikbaarheid van Petersen (ca. 1985) se versetgedigte reeds aangedui: “(D)ie gedigte in hierdie bundel kan nuttig gebruik word deur die swart leser by protesoptogte, begrafnisse en vergaderings in die stryd teen apartheid.” In hierdie verband dui Willemse (p. 8) aan dat Petersen ’n “uitgesproke voorstander (was) van demotiese taalgebruik in die poësie en die aanwending van dialekskryf sodat die stemme van gewone mense gehoor kon word”.
期刊介绍:
Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe word gewy aan die publikasie van oorspronklike navorsing en oorsigartikels in die teologie, kuns en kulturele, sosiale, ekonomiese en opvoedkundige wetenskappe, sowel as aan boekbesprekings.