Electronic signatures: where to next?

L. Swales
{"title":"Electronic signatures: where to next?","authors":"L. Swales","doi":"10.47348/tsar/2022/i1a4","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Die afgelope paar jaar het die samelewing toenemend staatgemaak op moderne tegnologie – veral sedert Covid-19 en die reeks beperkinge ingevolge die Wet op Rampbestuur 57 van 2002. Daar word selfs na data verwys as die wêreld se nuwe vorm van olie. In die lig van hierdie paradigmaskuif, word daar al hoe meer gebruik gemaak van elektroniese handtekeninge. Die hoogste hof van appèl het onlangs, by twee gelenthede, elektroniese handtekeninge en die toepaslike wetlike raamwerk oorweeg: eerstens in November 2014 in Spring Forest Trading CC v Wilberry (Pty) Ltd t/a Ecowash en tweedens in Maart 2020 in Global & Local Investments Advisors (Pty) Ltd v Fouche. Ongelukkig het die jongste uitspraak gelei tot ’n mate van onsekerheid oor die manier waarop die regsraamwerk geïnterpreteer moet word. Op die oog af blyk die Global & Local-saak teenstrydig te wees met die Spring Forest-saak en artikel 13 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002. Die oogmerk van die outeur met hierdie artikel is om die toepaslike wetlike raamwerk met betrekking tot elektroniese handtekeninge te evalueer en krities kommentaar te lewer op die bevindings wat in die Spring Forest– en Global & Local-sake gemaak is, met die doel om voorstelle te maak oor: i) die wyse waarop hierdie twee uitsprake van die hoogste hof van appèl geïnterpreteer moet word, in die lig van die wet en ander relevante regspraak en ii) die pad vorentoe vir toekomstige regsgedinge. Na die beslissing in die Spring Forest-saak, is algemeen aanvaar dat waar ’n kommersiële ooreenkoms gebruik maak van die begrippe “skrif” en “handtekening”, databoodskappe aan hierdie vereistes kan voldoen, as daar aan die spesifieke vereistes in die wet voldoen word. Hierdie bevinding was sinvol en het rekening gehou met moderne ontwikkelinge. Na die uitspraak in die Global & Local-saak bestaan daar egter twyfel of ’n “handtekening” uitgevoer kan word deur ’n elektroniese handtekening via databoodskap te gebruik. Die jongste uitspraak dui daarop dat as partye elektronies ’n ooreenkoms wil onderteken, ’n elektroniese “handtekening” (spesifiek met die uitsluiting van die woord elektronies) uitdruklik in die ooreenkoms vermeld moet wees: met ander woorde, hierdie uitspraak vereis dat partye vooraf ooreenkom dat ’n elektroniese ooreenkoms toelaatbaar is, en dit veroorsaak twyfel of die begrip “handtekening” ’n elektroniese handtekening insluit. Hierdie artikel voer aan dat die Global & Local-saak regsekerheid ondermyn. Wat word benodig om vorentoe te beweeg? Eerstens, duidelikheid of die begrip “handtekening” ’n elektroniese handtekening insluit. Tweedens, ’n bevestiging dat ’n elektroniese handtekening, soos dit tans verwoord is, nie gebruik kan word om ’n ooreenkoms vir die verkoop van vaste eiendom, ingevolge Wet 25 van 2002, aan te gaan nie. Twyfel is geskep in die onlangse beslissing in Borcherds v Duxbury 2021 1 SA 410 (OKP). Derdens, bevestiging van ’n hooggeregshof oor watter faktore in ag geneem moet word by die bepaling of ’n elektroniese handtekening betroubaar is. In die vierde plek, en hierdie punt is aanvegbaar, kan dit met die oog op moderne ontwikkelinge die moeite werd wees om weer te kyk of die wet gewysig moet word, vir die gebruik van elektroniese handtekeninge in ooreenkomste vir die verkoop van vaste eiendom.","PeriodicalId":53590,"journal":{"name":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","volume":null,"pages":null},"PeriodicalIF":0.2000,"publicationDate":"2022-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Tydskrif Vir Die Suid-Afrikaanse Reg","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.47348/tsar/2022/i1a4","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q4","JCRName":"LAW","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0

Abstract

Die afgelope paar jaar het die samelewing toenemend staatgemaak op moderne tegnologie – veral sedert Covid-19 en die reeks beperkinge ingevolge die Wet op Rampbestuur 57 van 2002. Daar word selfs na data verwys as die wêreld se nuwe vorm van olie. In die lig van hierdie paradigmaskuif, word daar al hoe meer gebruik gemaak van elektroniese handtekeninge. Die hoogste hof van appèl het onlangs, by twee gelenthede, elektroniese handtekeninge en die toepaslike wetlike raamwerk oorweeg: eerstens in November 2014 in Spring Forest Trading CC v Wilberry (Pty) Ltd t/a Ecowash en tweedens in Maart 2020 in Global & Local Investments Advisors (Pty) Ltd v Fouche. Ongelukkig het die jongste uitspraak gelei tot ’n mate van onsekerheid oor die manier waarop die regsraamwerk geïnterpreteer moet word. Op die oog af blyk die Global & Local-saak teenstrydig te wees met die Spring Forest-saak en artikel 13 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002. Die oogmerk van die outeur met hierdie artikel is om die toepaslike wetlike raamwerk met betrekking tot elektroniese handtekeninge te evalueer en krities kommentaar te lewer op die bevindings wat in die Spring Forest– en Global & Local-sake gemaak is, met die doel om voorstelle te maak oor: i) die wyse waarop hierdie twee uitsprake van die hoogste hof van appèl geïnterpreteer moet word, in die lig van die wet en ander relevante regspraak en ii) die pad vorentoe vir toekomstige regsgedinge. Na die beslissing in die Spring Forest-saak, is algemeen aanvaar dat waar ’n kommersiële ooreenkoms gebruik maak van die begrippe “skrif” en “handtekening”, databoodskappe aan hierdie vereistes kan voldoen, as daar aan die spesifieke vereistes in die wet voldoen word. Hierdie bevinding was sinvol en het rekening gehou met moderne ontwikkelinge. Na die uitspraak in die Global & Local-saak bestaan daar egter twyfel of ’n “handtekening” uitgevoer kan word deur ’n elektroniese handtekening via databoodskap te gebruik. Die jongste uitspraak dui daarop dat as partye elektronies ’n ooreenkoms wil onderteken, ’n elektroniese “handtekening” (spesifiek met die uitsluiting van die woord elektronies) uitdruklik in die ooreenkoms vermeld moet wees: met ander woorde, hierdie uitspraak vereis dat partye vooraf ooreenkom dat ’n elektroniese ooreenkoms toelaatbaar is, en dit veroorsaak twyfel of die begrip “handtekening” ’n elektroniese handtekening insluit. Hierdie artikel voer aan dat die Global & Local-saak regsekerheid ondermyn. Wat word benodig om vorentoe te beweeg? Eerstens, duidelikheid of die begrip “handtekening” ’n elektroniese handtekening insluit. Tweedens, ’n bevestiging dat ’n elektroniese handtekening, soos dit tans verwoord is, nie gebruik kan word om ’n ooreenkoms vir die verkoop van vaste eiendom, ingevolge Wet 25 van 2002, aan te gaan nie. Twyfel is geskep in die onlangse beslissing in Borcherds v Duxbury 2021 1 SA 410 (OKP). Derdens, bevestiging van ’n hooggeregshof oor watter faktore in ag geneem moet word by die bepaling of ’n elektroniese handtekening betroubaar is. In die vierde plek, en hierdie punt is aanvegbaar, kan dit met die oog op moderne ontwikkelinge die moeite werd wees om weer te kyk of die wet gewysig moet word, vir die gebruik van elektroniese handtekeninge in ooreenkomste vir die verkoop van vaste eiendom.
查看原文
分享 分享
微信好友 朋友圈 QQ好友 复制链接
本刊更多论文
电子签名:下一步何去何从?
本文章由计算机程序翻译,如有差异,请以英文原文为准。
求助全文
约1分钟内获得全文 去求助
来源期刊
CiteScore
0.30
自引率
0.00%
发文量
16
期刊介绍: This multilingual periodical is published quarterly by Juta for the Faculty of Law, University of Johannesburg. This scholarly and practical journal covers a broad spectrum of topics pertinent to the legal community.
期刊最新文献
A cause of action raising a triable issue in a class action: reconsidering the certification threshold Aantekeninge: Die internet of things en afstandbeheerde afskakel van toestelle – kontrakteervryheid en ander geykte regsbeginsels by spolie, vergeet en/of verwar? Boekbesprekings: Ewoud Hondius, Marta Santos Silva, Andrea Nicolussi, Pablo Salvador Coderch, Christiane Wendehorst and Fryderyk Zoll (eds): Coronavirus and the Law in Europe Private closed-circuit television surveillance under the Protection of Personal Information Act 4 of 2013 Law as datum and law as purpose: Otto von Gierke’s conception of the social purpose of law and its continued relevance
×
引用
GB/T 7714-2015
复制
MLA
复制
APA
复制
导出至
BibTeX EndNote RefMan NoteFirst NoteExpress
×
×
提示
您的信息不完整,为了账户安全,请先补充。
现在去补充
×
提示
您因"违规操作"
具体请查看互助需知
我知道了
×
提示
现在去查看 取消
×
提示
确定
0
微信
客服QQ
Book学术公众号 扫码关注我们
反馈
×
意见反馈
请填写您的意见或建议
请填写您的手机或邮箱
已复制链接
已复制链接
快去分享给好友吧!
我知道了
×
扫码分享
扫码分享
Book学术官方微信
Book学术文献互助
Book学术文献互助群
群 号:481959085
Book学术
文献互助 智能选刊 最新文献 互助须知 联系我们:info@booksci.cn
Book学术提供免费学术资源搜索服务,方便国内外学者检索中英文文献。致力于提供最便捷和优质的服务体验。
Copyright © 2023 Book学术 All rights reserved.
ghs 京公网安备 11010802042870号 京ICP备2023020795号-1