{"title":"Regspraak: A compensation framework for (procedurally) unfair dismissals in employment contracts","authors":"MJ Van Staden, M. Van Eck","doi":"10.47348/tsar/2021/i4a9","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Die konstitusionele hof het onlangs die vergoeding verminder aan ’n oortreder van seksuele teistering wat buitensporige vergoeding vir klein prosedurele gebreke toegeken is. Die saak illustreer die wyse waarop vergoeding toegeken en aangepas kan word in die geval van prosedureel onbillike ontslag. Tog bly die konstitusionele hof se redenasie om die toekenning van ses maande na twee maande aan te pas vaag. Artikel 194 van die Wet op Arbeidsverhoudinge vereis slegs dat vergoeding “regverdig en billik” moet wees. Hierdie begrip word egter nie in die Wet op Arbeidsverhoudinge omskryf nie en daar word aangevoer dat die konsep teenstrydig deur ons howe gebruik is. In die bespreking oorweeg die outeurs die regsbeginsels van Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk en Australië in die hantering van vergoeding vir ’n onbillike ontslag, waar die ontslag slegs prosedureel onbillik is en waar die werknemer aan ernstige wangedrag skuldig is. In die bespreking word besin of sodanige vergoeding objektief bepaalbaar is en die faktore word oorweeg wat die waarde van so ’n toekenning sou beïnvloed. Die kern van die diensverhouding is die dienskontrak. Die bespreking ondersoek ook die vergoedingstoekenning teen diegene wat normaalweg ingevolge die kontrak toegeken sou word. Faktore wat in die Verenigde Koninkryk en Australië gevind word, vervat in terminologie soos “fout” en “ekonomiese verlies”, is soortgelyk aan deliktuele eise en is nie noodwendig toepaslik in die Suid- Afrikaanse konteks nie, veral omdat die Wet op Arbeidsverhoudinge die benadering tot vergoeding vir prosedureel onbillike ontslag verander het. Desnieteenstaande kan ekonomiese verlies in die Suid- Afrikaanse konteks steeds ’n faktor wees wat die vergoeding wat toegeken word as gevolg van ’n prosedureel onbillike ontslag kan beïnvloed. Die outeurs kom tot die gevolgtrekking dat die afskuwelike aard van die wangedrag van ’n werknemer, in ’n bepaalde geval die werknemer op geen vergoeding hoegenaamd geregtig behoort te maak nie, of slegs aanspraak op ’n aansienlik verminderde vergoeding kan gee. Die outeurs vind ook dat, in navolging van die reg van die Verenigde Koninkryk en Australië, en as ’n logiese uitvloeisel van die konstitusionele hof se uitspraak, die beginsel van bydraende skuld uitgebrei moet word na gevalle van wesenlik onbillike ontslag. Hieruit kom ’n raamwerk na vore in die bespreking vir die bepaling van vergoeding in gevalle van prosedureel onbillike ontslag.","PeriodicalId":0,"journal":{"name":"","volume":null,"pages":null},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2021-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.47348/tsar/2021/i4a9","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
Die konstitusionele hof het onlangs die vergoeding verminder aan ’n oortreder van seksuele teistering wat buitensporige vergoeding vir klein prosedurele gebreke toegeken is. Die saak illustreer die wyse waarop vergoeding toegeken en aangepas kan word in die geval van prosedureel onbillike ontslag. Tog bly die konstitusionele hof se redenasie om die toekenning van ses maande na twee maande aan te pas vaag. Artikel 194 van die Wet op Arbeidsverhoudinge vereis slegs dat vergoeding “regverdig en billik” moet wees. Hierdie begrip word egter nie in die Wet op Arbeidsverhoudinge omskryf nie en daar word aangevoer dat die konsep teenstrydig deur ons howe gebruik is. In die bespreking oorweeg die outeurs die regsbeginsels van Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk en Australië in die hantering van vergoeding vir ’n onbillike ontslag, waar die ontslag slegs prosedureel onbillik is en waar die werknemer aan ernstige wangedrag skuldig is. In die bespreking word besin of sodanige vergoeding objektief bepaalbaar is en die faktore word oorweeg wat die waarde van so ’n toekenning sou beïnvloed. Die kern van die diensverhouding is die dienskontrak. Die bespreking ondersoek ook die vergoedingstoekenning teen diegene wat normaalweg ingevolge die kontrak toegeken sou word. Faktore wat in die Verenigde Koninkryk en Australië gevind word, vervat in terminologie soos “fout” en “ekonomiese verlies”, is soortgelyk aan deliktuele eise en is nie noodwendig toepaslik in die Suid- Afrikaanse konteks nie, veral omdat die Wet op Arbeidsverhoudinge die benadering tot vergoeding vir prosedureel onbillike ontslag verander het. Desnieteenstaande kan ekonomiese verlies in die Suid- Afrikaanse konteks steeds ’n faktor wees wat die vergoeding wat toegeken word as gevolg van ’n prosedureel onbillike ontslag kan beïnvloed. Die outeurs kom tot die gevolgtrekking dat die afskuwelike aard van die wangedrag van ’n werknemer, in ’n bepaalde geval die werknemer op geen vergoeding hoegenaamd geregtig behoort te maak nie, of slegs aanspraak op ’n aansienlik verminderde vergoeding kan gee. Die outeurs vind ook dat, in navolging van die reg van die Verenigde Koninkryk en Australië, en as ’n logiese uitvloeisel van die konstitusionele hof se uitspraak, die beginsel van bydraende skuld uitgebrei moet word na gevalle van wesenlik onbillike ontslag. Hieruit kom ’n raamwerk na vore in die bespreking vir die bepaling van vergoeding in gevalle van prosedureel onbillike ontslag.