{"title":"Aantekeninge: The distribution of educational qualifications and earning power upon divorce","authors":"E. Bonthuys","doi":"10.47348/tsar/2023/i1a7","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"’n Onlangse uitspraak van ’n Malawiese hof in Tewesa v Tewesa het beslis dat ’n vrou geregtig was op finansiële vergoeding vir die bydrae wat sy gemaak het tot haar man se tersiêre kwalifikasies, nadat hy, kort na sy gradeplegtigheid ’n egskeidingsgeding aanhangig gemaak het. Alhoewel die rede vir hierdie beslissing nie baie duidelik uit die saak blyk nie, is dit nogtans ’n interessante ontwikkeling en bespreek die outeur met hierdie bydrae die moontlikhede vir ’n soortgelyke beslissing in ’n Suid-Afrikaanse hof. Die ekonomiese waarde van kwalifikasies en ander verdienvermoëns word tans nie as ’n bate gesien wat by egskeiding verdeel kan word nie, maar verlies aan toekomstige verdienvermoë is al vir ’n geruime tyd in verskeie reëls van die kontraktereg, deliktereg en versekeringsreg erken én vergoed. Daar is ook (redelik vae) aanduidings dat dieselfde konsep in familiereg erkenning begin verwerf, veral in sake oor universele vennootskappe tussen ongetroude pare. In hierdie bydrae word ondersoek tot welke mate die huidige egskeidingsreg so ’n eis sou kon akkommodeer. ’n Eis vir verbeurdverklaring van voordele ingevolge artikel 9(1) van die Wet op Egskeiding in dieselfde omstandighede as dié in die Tewesa-saak sou moontlik kon slaag in gevalle waar ’n hof die man se optrede as ernstige wangedrag sou beskou. Die wye diskresie wat howe het om ’n herverdeling van bates ingevolge artikel 7(3) van die Egskeidingswet te bewerkstellig en die fokus van hierdie wetsbepaling op bydraes tot die ander eggenoot se boedel sou ook moontlik tot erkenning van ’n soortgelyke eis lei, maar daar is ’n aantal probleme wat die toepaslikheid van beide hierdie bepalings van die wet kon belemmer. Meer belowend is ’n eis vir onderhoud na egskeiding ingevolge artikel 7(2) van dieselfde wet omdat dit ’n hof toelaat om beide die bestaande en toekomstige verdienvermoëns van beide gades in ag te neem. ’n Onderhoudsbevel wat gekombineer is met ’n bevel vir herverdeling onder die sogenaamde skoonbreuk-beginsel toon die grootste potensiaal om hierdie soort van eise aan te spreek. Die laaste gedeelte van die bydrae ondersoek die breër kwessie van eise vir verdienvermoë, spesifiek of die gade wat die bydrae gemaak het moet eis vir haar eie verminderde verdienvermoë, en of sy sou kon kies om te eis vir haar eggenoot se vergrote verdienvermoë.","PeriodicalId":0,"journal":{"name":"","volume":null,"pages":null},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.47348/tsar/2023/i1a7","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
’n Onlangse uitspraak van ’n Malawiese hof in Tewesa v Tewesa het beslis dat ’n vrou geregtig was op finansiële vergoeding vir die bydrae wat sy gemaak het tot haar man se tersiêre kwalifikasies, nadat hy, kort na sy gradeplegtigheid ’n egskeidingsgeding aanhangig gemaak het. Alhoewel die rede vir hierdie beslissing nie baie duidelik uit die saak blyk nie, is dit nogtans ’n interessante ontwikkeling en bespreek die outeur met hierdie bydrae die moontlikhede vir ’n soortgelyke beslissing in ’n Suid-Afrikaanse hof. Die ekonomiese waarde van kwalifikasies en ander verdienvermoëns word tans nie as ’n bate gesien wat by egskeiding verdeel kan word nie, maar verlies aan toekomstige verdienvermoë is al vir ’n geruime tyd in verskeie reëls van die kontraktereg, deliktereg en versekeringsreg erken én vergoed. Daar is ook (redelik vae) aanduidings dat dieselfde konsep in familiereg erkenning begin verwerf, veral in sake oor universele vennootskappe tussen ongetroude pare. In hierdie bydrae word ondersoek tot welke mate die huidige egskeidingsreg so ’n eis sou kon akkommodeer. ’n Eis vir verbeurdverklaring van voordele ingevolge artikel 9(1) van die Wet op Egskeiding in dieselfde omstandighede as dié in die Tewesa-saak sou moontlik kon slaag in gevalle waar ’n hof die man se optrede as ernstige wangedrag sou beskou. Die wye diskresie wat howe het om ’n herverdeling van bates ingevolge artikel 7(3) van die Egskeidingswet te bewerkstellig en die fokus van hierdie wetsbepaling op bydraes tot die ander eggenoot se boedel sou ook moontlik tot erkenning van ’n soortgelyke eis lei, maar daar is ’n aantal probleme wat die toepaslikheid van beide hierdie bepalings van die wet kon belemmer. Meer belowend is ’n eis vir onderhoud na egskeiding ingevolge artikel 7(2) van dieselfde wet omdat dit ’n hof toelaat om beide die bestaande en toekomstige verdienvermoëns van beide gades in ag te neem. ’n Onderhoudsbevel wat gekombineer is met ’n bevel vir herverdeling onder die sogenaamde skoonbreuk-beginsel toon die grootste potensiaal om hierdie soort van eise aan te spreek. Die laaste gedeelte van die bydrae ondersoek die breër kwessie van eise vir verdienvermoë, spesifiek of die gade wat die bydrae gemaak het moet eis vir haar eie verminderde verdienvermoë, en of sy sou kon kies om te eis vir haar eggenoot se vergrote verdienvermoë.