{"title":"Man’s best friend: what damages can you get for the loss of your pet?","authors":"S. Fick","doi":"10.47348/tsar/2023/i1a3","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"’n Hond is die mens se beste vriend. Mense is mal oor hulle troeteldiere. Baie mense ag hulle troeteldiere as deel van die familie. Hulle neem dikwels die rol van kinders aan. Nietemin, wanneer so ’n geliefde troeteldier beseer of gedood word, sal baie eienaars geskok wees om te vind dat hulle nie die miljoene kan eis wat hulle glo hulle troeteldier werd is nie. Ingevolge die huidige Suid-Afrikaanse reg sal ’n eienaar van ’n troeteldier waarskynlik met min wegstap. Troeteldiere word as regsobjekte of eiendom geklassifiseer. ’n Persoon kan gewoonlik slegs vermoënskade (ekonomiese verlies) vir die verlies van hulle eiendom eis. Dit word bepaal deur objektiewe faktore, soos markwaarde en herstelkoste. Die markwaarde van ’n gesin se troeteldier is gewoonlik min. In Suid-Afrika is daar geen gerapporteerde regspraak waarin persone skadevergoeding probeer eis het vir die verlies van hulle troeteldiere nie. Die howe kon dus tot dusver nie die huidige reg in hierdie gebied toets of ontwikkel nie. In die Verenigde State van Amerika het howe egter al talle sulke sake aangehoor. Gevolglik het die reg in hierdie area ontwikkel. In hierdie bydrae ondersoek die outeur die huidige regsposisie in sommige van die Amerikaanse deelstate om te bepaal waarop eisers daarvolgens geregtig sou wees ingevolge die Suid-Afrikaanse reg. Daar word in die besonder gelet op die vraag of eisers soortgelyke skadevergoeding sou kon eis (of behoort te kan eis) as wat in van die Amerikaanse deelstate beskikbaar is. Die outeur meen dat die ondersoek belangrik is aangesien Suid-Afrikaanse howe moontlik binnekort sulke eise sal moet aanhoor. In die artikel word gefokus op drie soorte skadevergoeding beskikbaar in van die Amerikaanse deelstate: skadevergoeding vir vermoënskade, emosionele skadevergoeding en bestraffende skadevergoeding. Ten opsigte van vermoënskade vind die outeur dat eienaars van troeteldiere in die ondersoekte Amerikaanse deelstate by verlies van hulle troeteldiere, meer as bloot die markwaarde van hulle troeteldiere kan eis. Hulle word toegelaat om die “werklike” waarde van hulle troeteldiere te eis, wat insluit die vervangingswaarde, koste van inenting en sterilisasie. Geen sodanige eis is klaarblyklik in Suid-Afrika beskikbaar nie. Die outeur stel voor dat in die Suid-Afrikaanse reg ’n soortgelyke vorm van skadevergoeding erken behoort te word. Ten opsigte van emosionele skadevergoeding, vind die outeur dat sodanige skadevergoeding selde toegestaan word in die ondersoekte Amerikaanse regspraak, veral wanneer die nadeel nalatig veroorsaak is. Dit is grootliks as gevolg van die feit dat troeteldiere as eiendom geklassifiseer word. In die Suid-Afrikaanse reg word ’n soortgelyke eis vir emosionele skadevergoeding erken as skadevergoeding vir emosionele skok. Soortgelyk aan die regsposisie in Amerika, is dit onwaarskynlik dat in die Suid-Afrikaanse howe skadevergoeding vir emosionele skok weens die verlies van ’n troeteldier erken sal word – veral wanneer die skade nalatig veroorsaak is. Met verwysing na bestraffende skadevergoeding bevind die outeur dat sodanige eise steeds erken word in die ondersoekte Amerikaanse regstelsels en dat iemand wie se troeteldier kwaadwillig gedood is moontlik geregtig sal wees op bestraffende skadevergoeding. In die Suid-Afrikaanse reg word bestraffende skadevergoeding nie erken nie en dit is onwaarskynlik dat bestraffende skadevergoeding vir die verlies van ’n troeteldier toegestaan sal word.","PeriodicalId":0,"journal":{"name":"","volume":null,"pages":null},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.47348/tsar/2023/i1a3","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
’n Hond is die mens se beste vriend. Mense is mal oor hulle troeteldiere. Baie mense ag hulle troeteldiere as deel van die familie. Hulle neem dikwels die rol van kinders aan. Nietemin, wanneer so ’n geliefde troeteldier beseer of gedood word, sal baie eienaars geskok wees om te vind dat hulle nie die miljoene kan eis wat hulle glo hulle troeteldier werd is nie. Ingevolge die huidige Suid-Afrikaanse reg sal ’n eienaar van ’n troeteldier waarskynlik met min wegstap. Troeteldiere word as regsobjekte of eiendom geklassifiseer. ’n Persoon kan gewoonlik slegs vermoënskade (ekonomiese verlies) vir die verlies van hulle eiendom eis. Dit word bepaal deur objektiewe faktore, soos markwaarde en herstelkoste. Die markwaarde van ’n gesin se troeteldier is gewoonlik min. In Suid-Afrika is daar geen gerapporteerde regspraak waarin persone skadevergoeding probeer eis het vir die verlies van hulle troeteldiere nie. Die howe kon dus tot dusver nie die huidige reg in hierdie gebied toets of ontwikkel nie. In die Verenigde State van Amerika het howe egter al talle sulke sake aangehoor. Gevolglik het die reg in hierdie area ontwikkel. In hierdie bydrae ondersoek die outeur die huidige regsposisie in sommige van die Amerikaanse deelstate om te bepaal waarop eisers daarvolgens geregtig sou wees ingevolge die Suid-Afrikaanse reg. Daar word in die besonder gelet op die vraag of eisers soortgelyke skadevergoeding sou kon eis (of behoort te kan eis) as wat in van die Amerikaanse deelstate beskikbaar is. Die outeur meen dat die ondersoek belangrik is aangesien Suid-Afrikaanse howe moontlik binnekort sulke eise sal moet aanhoor. In die artikel word gefokus op drie soorte skadevergoeding beskikbaar in van die Amerikaanse deelstate: skadevergoeding vir vermoënskade, emosionele skadevergoeding en bestraffende skadevergoeding. Ten opsigte van vermoënskade vind die outeur dat eienaars van troeteldiere in die ondersoekte Amerikaanse deelstate by verlies van hulle troeteldiere, meer as bloot die markwaarde van hulle troeteldiere kan eis. Hulle word toegelaat om die “werklike” waarde van hulle troeteldiere te eis, wat insluit die vervangingswaarde, koste van inenting en sterilisasie. Geen sodanige eis is klaarblyklik in Suid-Afrika beskikbaar nie. Die outeur stel voor dat in die Suid-Afrikaanse reg ’n soortgelyke vorm van skadevergoeding erken behoort te word. Ten opsigte van emosionele skadevergoeding, vind die outeur dat sodanige skadevergoeding selde toegestaan word in die ondersoekte Amerikaanse regspraak, veral wanneer die nadeel nalatig veroorsaak is. Dit is grootliks as gevolg van die feit dat troeteldiere as eiendom geklassifiseer word. In die Suid-Afrikaanse reg word ’n soortgelyke eis vir emosionele skadevergoeding erken as skadevergoeding vir emosionele skok. Soortgelyk aan die regsposisie in Amerika, is dit onwaarskynlik dat in die Suid-Afrikaanse howe skadevergoeding vir emosionele skok weens die verlies van ’n troeteldier erken sal word – veral wanneer die skade nalatig veroorsaak is. Met verwysing na bestraffende skadevergoeding bevind die outeur dat sodanige eise steeds erken word in die ondersoekte Amerikaanse regstelsels en dat iemand wie se troeteldier kwaadwillig gedood is moontlik geregtig sal wees op bestraffende skadevergoeding. In die Suid-Afrikaanse reg word bestraffende skadevergoeding nie erken nie en dit is onwaarskynlik dat bestraffende skadevergoeding vir die verlies van ’n troeteldier toegestaan sal word.