{"title":"Regspraak:又一个少年犯没能通过这个系统","authors":"J Le Roux-Bouwer","doi":"10.47348/tsar/2023/i4a13","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Suid-Afrika het nie ’n trotse geskiedenis van die beskerming van kinderregte nie. Histories is jeugdige oortreders aan ’n strafregstelsel onderwerp wat deur volwassenes vir volwassenes ontwerp is. Regspraak getuig van swaar vonnisse wat vir jeugdige oortreders opgelê is. Daar het geen aparte strafregstelsel vir jeugdige oortreders bestaan nie en kinders is in die teenwoordigheid van volwasse misdadigers verhoorafwagtend aangehou, verhoor en saam met volwassenes tot direkte gevangesetting gevonnis. Met die aanbreek van demokrasie en die ratifisering van internasionale konvensies wat die beskerming van kinderregte ten doel het, het die Suid-Afrikaanse landskap betreffende die beskerming van kinderregte egter drasties verander. Die internasionale konvensies, wat Suid-Afrika onderteken het, is gegrond op drie beginsels: die reg van die kind om vry te wees van diskriminasie; die reg van die kind om deel te neem aan besluite wat sy of haar lewe raak; en, derdens, die kerngedagte dat die beste belang van die kind die oorhoofse oorweging moet wees in alle regsgedinge waarby die kind betrokke is. Laasgenoemde beginsel staan as die “paramountcy principle” bekend. Nasionale wetgewing is hierna uitgevaardig om gevolg te gee aan die internasionale konvensies. Sodanige wetgewing is die Children’s Act 38 van 2005 en die Child Justice Act 75 van 2008. Laasgenoemde wet is daarop gemik om jeugdige oortreders te beskerm en om ’n aparte strafregstelsel vir jeugdige oortreders te skep. Die wet bepaal ook dat die strafopsie van direkte gevangesetting slegs as ’n laaste opsie uitgevoer sal word waar die beskuldigde ’n jeugdige oortreder is. Bykomend hiertoe verleen artikel 28 van die grondwet spesiale beskerming aan kinders. Artikel 28(2) bepaal dat die beste belang van die kind sentraal sal wees in alle juridiese besluite rakende die kind. Ten spyte van die oogmerke van die Child Justice Act gebeur dit egter steeds dat jeugdige oortreders die beskerming van hierdie wet ontsê word en dat strafhowe nie ag slaan op die bepalings van die Child Justice Act nie. Op 24 Januarie 2023 het die Wes-Kaapse hooggeregshof in S v LJ (346/22) 2023 ZAWCHC 6 (24 Januarie 2023) ’n beslissing deur die laerhof waarin ’n jeugdige oortreder op hierdie wyse deur die hof gefaal is, ten sterkste veroordeel en die skuldigbevindings ter syde gestel.","PeriodicalId":0,"journal":{"name":"","volume":null,"pages":null},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2023-01-01","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":"{\"title\":\"Regspraak: Another juvenile offender failed by the system\",\"authors\":\"J Le Roux-Bouwer\",\"doi\":\"10.47348/tsar/2023/i4a13\",\"DOIUrl\":null,\"url\":null,\"abstract\":\"Suid-Afrika het nie ’n trotse geskiedenis van die beskerming van kinderregte nie. Histories is jeugdige oortreders aan ’n strafregstelsel onderwerp wat deur volwassenes vir volwassenes ontwerp is. Regspraak getuig van swaar vonnisse wat vir jeugdige oortreders opgelê is. Daar het geen aparte strafregstelsel vir jeugdige oortreders bestaan nie en kinders is in die teenwoordigheid van volwasse misdadigers verhoorafwagtend aangehou, verhoor en saam met volwassenes tot direkte gevangesetting gevonnis. Met die aanbreek van demokrasie en die ratifisering van internasionale konvensies wat die beskerming van kinderregte ten doel het, het die Suid-Afrikaanse landskap betreffende die beskerming van kinderregte egter drasties verander. Die internasionale konvensies, wat Suid-Afrika onderteken het, is gegrond op drie beginsels: die reg van die kind om vry te wees van diskriminasie; die reg van die kind om deel te neem aan besluite wat sy of haar lewe raak; en, derdens, die kerngedagte dat die beste belang van die kind die oorhoofse oorweging moet wees in alle regsgedinge waarby die kind betrokke is. Laasgenoemde beginsel staan as die “paramountcy principle” bekend. Nasionale wetgewing is hierna uitgevaardig om gevolg te gee aan die internasionale konvensies. Sodanige wetgewing is die Children’s Act 38 van 2005 en die Child Justice Act 75 van 2008. Laasgenoemde wet is daarop gemik om jeugdige oortreders te beskerm en om ’n aparte strafregstelsel vir jeugdige oortreders te skep. Die wet bepaal ook dat die strafopsie van direkte gevangesetting slegs as ’n laaste opsie uitgevoer sal word waar die beskuldigde ’n jeugdige oortreder is. Bykomend hiertoe verleen artikel 28 van die grondwet spesiale beskerming aan kinders. Artikel 28(2) bepaal dat die beste belang van die kind sentraal sal wees in alle juridiese besluite rakende die kind. Ten spyte van die oogmerke van die Child Justice Act gebeur dit egter steeds dat jeugdige oortreders die beskerming van hierdie wet ontsê word en dat strafhowe nie ag slaan op die bepalings van die Child Justice Act nie. Op 24 Januarie 2023 het die Wes-Kaapse hooggeregshof in S v LJ (346/22) 2023 ZAWCHC 6 (24 Januarie 2023) ’n beslissing deur die laerhof waarin ’n jeugdige oortreder op hierdie wyse deur die hof gefaal is, ten sterkste veroordeel en die skuldigbevindings ter syde gestel.\",\"PeriodicalId\":0,\"journal\":{\"name\":\"\",\"volume\":null,\"pages\":null},\"PeriodicalIF\":0.0,\"publicationDate\":\"2023-01-01\",\"publicationTypes\":\"Journal Article\",\"fieldsOfStudy\":null,\"isOpenAccess\":false,\"openAccessPdf\":\"\",\"citationCount\":\"0\",\"resultStr\":null,\"platform\":\"Semanticscholar\",\"paperid\":null,\"PeriodicalName\":\"\",\"FirstCategoryId\":\"1085\",\"ListUrlMain\":\"https://doi.org/10.47348/tsar/2023/i4a13\",\"RegionNum\":0,\"RegionCategory\":null,\"ArticlePicture\":[],\"TitleCN\":null,\"AbstractTextCN\":null,\"PMCID\":null,\"EPubDate\":\"\",\"PubModel\":\"\",\"JCR\":\"\",\"JCRName\":\"\",\"Score\":null,\"Total\":0}","platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.47348/tsar/2023/i4a13","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
Regspraak: Another juvenile offender failed by the system
Suid-Afrika het nie ’n trotse geskiedenis van die beskerming van kinderregte nie. Histories is jeugdige oortreders aan ’n strafregstelsel onderwerp wat deur volwassenes vir volwassenes ontwerp is. Regspraak getuig van swaar vonnisse wat vir jeugdige oortreders opgelê is. Daar het geen aparte strafregstelsel vir jeugdige oortreders bestaan nie en kinders is in die teenwoordigheid van volwasse misdadigers verhoorafwagtend aangehou, verhoor en saam met volwassenes tot direkte gevangesetting gevonnis. Met die aanbreek van demokrasie en die ratifisering van internasionale konvensies wat die beskerming van kinderregte ten doel het, het die Suid-Afrikaanse landskap betreffende die beskerming van kinderregte egter drasties verander. Die internasionale konvensies, wat Suid-Afrika onderteken het, is gegrond op drie beginsels: die reg van die kind om vry te wees van diskriminasie; die reg van die kind om deel te neem aan besluite wat sy of haar lewe raak; en, derdens, die kerngedagte dat die beste belang van die kind die oorhoofse oorweging moet wees in alle regsgedinge waarby die kind betrokke is. Laasgenoemde beginsel staan as die “paramountcy principle” bekend. Nasionale wetgewing is hierna uitgevaardig om gevolg te gee aan die internasionale konvensies. Sodanige wetgewing is die Children’s Act 38 van 2005 en die Child Justice Act 75 van 2008. Laasgenoemde wet is daarop gemik om jeugdige oortreders te beskerm en om ’n aparte strafregstelsel vir jeugdige oortreders te skep. Die wet bepaal ook dat die strafopsie van direkte gevangesetting slegs as ’n laaste opsie uitgevoer sal word waar die beskuldigde ’n jeugdige oortreder is. Bykomend hiertoe verleen artikel 28 van die grondwet spesiale beskerming aan kinders. Artikel 28(2) bepaal dat die beste belang van die kind sentraal sal wees in alle juridiese besluite rakende die kind. Ten spyte van die oogmerke van die Child Justice Act gebeur dit egter steeds dat jeugdige oortreders die beskerming van hierdie wet ontsê word en dat strafhowe nie ag slaan op die bepalings van die Child Justice Act nie. Op 24 Januarie 2023 het die Wes-Kaapse hooggeregshof in S v LJ (346/22) 2023 ZAWCHC 6 (24 Januarie 2023) ’n beslissing deur die laerhof waarin ’n jeugdige oortreder op hierdie wyse deur die hof gefaal is, ten sterkste veroordeel en die skuldigbevindings ter syde gestel.