{"title":"Die teks as ’n etiese aanspraak","authors":"W. Burger","doi":"10.17159/tl.v59i3.14319","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"1. ’n Voormalige kollega van Hein Willemse en my in die Departement Afrikaans by UP, Annette Jordaan, wou eendag baie ernstig by Hein weet wat van die “liefhebbende leser” word in hierdie tyd waarin benaderings wat spruit uit die Kritiese Teorie oorheersend aan universiteite geword het. Hein het lekker gelag daaroor, soos hy ook op ’n keer halfspottend gereageer het op my opmerking in die teekamer, dat ek ’n bepaalde boek “mooi” gevind het. Om boeke vir die lekker te lees, vir die liefde van lees, kan studente op hul eie gaan doen, of mense kan in leeskringe met mekaar daaroor gesels, was min of meer Hein se mening. Aan die universiteit bedryf ons nie ’n liefhebbery nie, het hy verduidelik, ons lees nie vir die lekker nie, ons is besig met die akademiese ondersoek van literatuur. Die akademiese ondersoek van literatuur behels vir Hein veral die kritiese ondersoek van die magsverhoudings wat in literatuur en die bestudering van literatuur waargeneem kan word. Literêre werke moet in konteks gelees word; in die konteks van die omstandighede wat hulle verskyning moontlik maak, wat hulle resepsie bepaal en wat aan hulle spesifieke posisies in die literatuurgeskiedenis besorg. Willemse lees literêre tekste immers op die spoor van Fredric Jameson op “simptomatiese” manier. Simptomatiese lesings, volgens Jameson, behels ’n vooronderstelling dat tekste mistifiseer of onderdruk en is daarom op soek na ’n verborge betekenis agter die voor-diehand-liggende betekenis: “Interpretation proper [...] always presupposes [...] at least some mechanism of mystification or repression in terms of which it would make sense to seek a latent meaning behind a manifest one and rewrite the surface categories of a text in the stronger language of a more fundamental interpretative code” (45). Die doel van só benadering is om die “politieke onbewuste” van die teks bloot te lê. In hierdie opsig is Willemse dus ’n volgeling van die “meesters van agterdog”, Freud en Marx, wat hulle bemoei met die simptome, die oppervlak, die oënskynlike, met die doel om soos ’n goeie speurder raak te sien wat hieragter lê.1 Hierdie kritiese benadering verg ’n individu wat literêreen kulturele tekste (kunswerke, populêre kultuur, akademiese navorsing, kulturele gebeurtenisse, verskillende sosiale praktyke) agterdogtig benader en sistematies aandui hoedat daar ’n kontras bestaan tussen wat hierdie verskynsels (wetend of onwetend)","PeriodicalId":41787,"journal":{"name":"Tydskrif vir letterkunde","volume":" ","pages":""},"PeriodicalIF":0.4000,"publicationDate":"2022-09-18","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Tydskrif vir letterkunde","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.17159/tl.v59i3.14319","RegionNum":3,"RegionCategory":"文学","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"0","JCRName":"LITERATURE","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Abstract
1. ’n Voormalige kollega van Hein Willemse en my in die Departement Afrikaans by UP, Annette Jordaan, wou eendag baie ernstig by Hein weet wat van die “liefhebbende leser” word in hierdie tyd waarin benaderings wat spruit uit die Kritiese Teorie oorheersend aan universiteite geword het. Hein het lekker gelag daaroor, soos hy ook op ’n keer halfspottend gereageer het op my opmerking in die teekamer, dat ek ’n bepaalde boek “mooi” gevind het. Om boeke vir die lekker te lees, vir die liefde van lees, kan studente op hul eie gaan doen, of mense kan in leeskringe met mekaar daaroor gesels, was min of meer Hein se mening. Aan die universiteit bedryf ons nie ’n liefhebbery nie, het hy verduidelik, ons lees nie vir die lekker nie, ons is besig met die akademiese ondersoek van literatuur. Die akademiese ondersoek van literatuur behels vir Hein veral die kritiese ondersoek van die magsverhoudings wat in literatuur en die bestudering van literatuur waargeneem kan word. Literêre werke moet in konteks gelees word; in die konteks van die omstandighede wat hulle verskyning moontlik maak, wat hulle resepsie bepaal en wat aan hulle spesifieke posisies in die literatuurgeskiedenis besorg. Willemse lees literêre tekste immers op die spoor van Fredric Jameson op “simptomatiese” manier. Simptomatiese lesings, volgens Jameson, behels ’n vooronderstelling dat tekste mistifiseer of onderdruk en is daarom op soek na ’n verborge betekenis agter die voor-diehand-liggende betekenis: “Interpretation proper [...] always presupposes [...] at least some mechanism of mystification or repression in terms of which it would make sense to seek a latent meaning behind a manifest one and rewrite the surface categories of a text in the stronger language of a more fundamental interpretative code” (45). Die doel van só benadering is om die “politieke onbewuste” van die teks bloot te lê. In hierdie opsig is Willemse dus ’n volgeling van die “meesters van agterdog”, Freud en Marx, wat hulle bemoei met die simptome, die oppervlak, die oënskynlike, met die doel om soos ’n goeie speurder raak te sien wat hieragter lê.1 Hierdie kritiese benadering verg ’n individu wat literêreen kulturele tekste (kunswerke, populêre kultuur, akademiese navorsing, kulturele gebeurtenisse, verskillende sosiale praktyke) agterdogtig benader en sistematies aandui hoedat daar ’n kontras bestaan tussen wat hierdie verskynsels (wetend of onwetend)