{"title":"Income-generating projects in rural communities: from theory to practice - a personal report","authors":"Anna-Marie Trollip, Elizabeth Boshoff","doi":"10.4314/JFECS.V29I1.52811","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Hierdie artikel berig oor die derde fase van en studie \nvir die ontwikkeling van en strategie vir die fasilitering \nvan projekte wat poog om inkomste te genereer \ndeur hoofsaaklik handvervaardigde goedere te \nproduseer. Die artikel word ook aangebied as en \nvoorbeeld vir deelnemende ontwikkeling \n(participatory development). Die volgende doelstellings is vir hierdie fase van die studie gestel: \n. Om die aannames van die aktiwiteitsmodel \n(Trollip, 2001) te toets en te verfyn vir toepassing \nin opleidingsprogramme vir inkomstegenereringsprojekte \n. Om PLA-metodes (plan, leer en aksie-metodes) \nte toets om onafhanklikheid te bevorder en ontwikkeling \nte fasiliteer . Om die rolspelers bewus te maak van probleme rondom inkomste-genereringsprojekte en hulle \nby die ontwikkeling van en ondersteuningstruktuur \nvir hierdie tipe projekte te betrek. en Groep vroue in die omgewing van die Tswaing Krater-museum wat die behoefte uitgespreek het om inkomste te genereer deur kunshandwerkartikels te produseer, het aan die studie deelgeneem. Die omstandighede / konteks van die vroue was tipies van baie agtergeblewe vroue in die noorde van \nSuid-Afrika. Hulle woon in en gebied sonder water \nen elektrisiteit, vervoer is beskikbaar maar duur, die \ngemiddelde geletterdheidsvlak is laag, en veral die \nouer en minder geletterde vroue handhaaf nog in en \nmate die gebruike van en eie kultuur. \nTydens dialoog en waarnemeing is behoeftes bepaal. \nMet behulp van deelnemende waarnemingsmetodes \nsoos dialoog, rolspel, selfleer in werklike \nsituasies, nadoen en uittoets is die groep gefasiliteer \nom en inkomste-generingsprojek aan te pak. \nDie aannames en aktiwitieite wat in Trollip (2001) \nse aktiwiteitsmodel uiteengesit is, het die studie gerig. \nHoewel die konteks van verskillende groepe of projekte \nwaarskynlik sal verskil, blyk dit uit die sukses \nwat met hierdie projek behaal is dat die aktiwiteitsmodel \ntoepassingsmoontlikhede het. Daar word \nbeoog om die model in die volgende fase van die \nstudie in en programraamwerk te formuleer. Die \nraamwerk kan dan aangewend word om soortgelyke \nstudies te rig en as grondslag vir impakstudies \nte dien.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"77 1","pages":"52-59"},"PeriodicalIF":1.5000,"publicationDate":"2010-03-15","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"4","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V29I1.52811","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q2","JCRName":"SOCIAL SCIENCES, INTERDISCIPLINARY","Score":null,"Total":0}
引用次数: 4
Abstract
Hierdie artikel berig oor die derde fase van en studie
vir die ontwikkeling van en strategie vir die fasilitering
van projekte wat poog om inkomste te genereer
deur hoofsaaklik handvervaardigde goedere te
produseer. Die artikel word ook aangebied as en
voorbeeld vir deelnemende ontwikkeling
(participatory development). Die volgende doelstellings is vir hierdie fase van die studie gestel:
. Om die aannames van die aktiwiteitsmodel
(Trollip, 2001) te toets en te verfyn vir toepassing
in opleidingsprogramme vir inkomstegenereringsprojekte
. Om PLA-metodes (plan, leer en aksie-metodes)
te toets om onafhanklikheid te bevorder en ontwikkeling
te fasiliteer . Om die rolspelers bewus te maak van probleme rondom inkomste-genereringsprojekte en hulle
by die ontwikkeling van en ondersteuningstruktuur
vir hierdie tipe projekte te betrek. en Groep vroue in die omgewing van die Tswaing Krater-museum wat die behoefte uitgespreek het om inkomste te genereer deur kunshandwerkartikels te produseer, het aan die studie deelgeneem. Die omstandighede / konteks van die vroue was tipies van baie agtergeblewe vroue in die noorde van
Suid-Afrika. Hulle woon in en gebied sonder water
en elektrisiteit, vervoer is beskikbaar maar duur, die
gemiddelde geletterdheidsvlak is laag, en veral die
ouer en minder geletterde vroue handhaaf nog in en
mate die gebruike van en eie kultuur.
Tydens dialoog en waarnemeing is behoeftes bepaal.
Met behulp van deelnemende waarnemingsmetodes
soos dialoog, rolspel, selfleer in werklike
situasies, nadoen en uittoets is die groep gefasiliteer
om en inkomste-generingsprojek aan te pak.
Die aannames en aktiwitieite wat in Trollip (2001)
se aktiwiteitsmodel uiteengesit is, het die studie gerig.
Hoewel die konteks van verskillende groepe of projekte
waarskynlik sal verskil, blyk dit uit die sukses
wat met hierdie projek behaal is dat die aktiwiteitsmodel
toepassingsmoontlikhede het. Daar word
beoog om die model in die volgende fase van die
studie in en programraamwerk te formuleer. Die
raamwerk kan dan aangewend word om soortgelyke
studies te rig en as grondslag vir impakstudies
te dien.