{"title":"Consumer satisfaction - an unattainable ideal?","authors":"Alet C. Erasmus, Suné Donoghue","doi":"10.4314/JFECS.V26I2.52739","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Verbruikerstevredenheid, ‘n na-aankoopevaluering \ndat ‘n gekose produk aan ‘n verbruiker se verwagtinge voldoen of dit oortref (Engel et al, 1995), word algemeen as die ideale uitkoms van verbruikersbesluitneming voorgehou. Verbruikerstevredenheid verlig die interne \nspanningstoestand (kognitiewe dissonansie) wat veral met die aankoop van hoerisikoprodukte gepaard gaan. Verbruikerstevredenheid het die verdere voordeel vir \nhandelaars en produsente dat verbruikers hulle tevredenheid aan ander verbruikers kommunikeer en dat daar ‘n groot moontlikheid bestaan dat die tevrede verbruikers daardie produkte weer sal koop en selfs handelsnaamlojaal kan raak. Volgens die konfirmasie/diskonfirmasieparadigma word verbruikerstevredenheid beskou as ‘n situasie van konfirmasie waar die produk aan die verbruiker se verwagtinge voldoen; verbruikersontevredenheid is dus ‘n situasie van diskonfirmasie. Navorsers is dit verder \neens dat verbruikers(on)tevredenheid ook met \n‘n bepaalde intensiteit ervaar word. Daar is bewyse dat verbruikerstevredenheid en verbruikersontevredenheid selfs as twee afsonderlike konstrukte beskou moet word en dat die emosie op spesifieke eienskappe van \ndie produk gerig is en selfs in stadiums manifesteer. Verbruikers vorm dus ‘n aanvanklike indruk van tevredenheid of ontevredenheid, maar met gebruik kan die emosie verander omdat evaluering ‘n voortgesette en volgehoue proses is. Om leiding met betrekking tot \nverbruikersbesluitneming te kan gee in ‘n poging om verbruikerstevredenheid te bevorder, moet die kompleksiteit van die konstruk sowel as die invloed van \npersoonlikheidsverskille tydens evaluering in a a n m e r k i n g g e n e e m w o r d . Verbruikersraadgewing is dus ewe kompleks -veral omdat verbruikers dit soms moeilik vind om hulle behoeftes met betrekking tot produkte \nte verbaliseer. Huishoudkundiges het ‘n beter kans om die ondersteuning te bied wat nodig is om verbruikerstevredenheid te bevorder as gevolg van hulle basiese kennis van die mens se funksionering in sy mikro- en makroomgewing saam met die produkkennis wat op \nmeer konkrete beginsels en eienskappe berus. Verbruikerstevredenheid as die gevolg van ‘n aankoopbesluit is ‘n ideaal om voor te hou, \nmaar as gevolg van die kompleksiteit van die \nkonstruk en die onvoorspelbaarheid van die verbruiker se optrede is dit moeilik om dit te verwesenlik. Volgehoue navorsing in hierdie verband het tot op hede nog nie die saak vereenvoudig nie.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"70 1","pages":""},"PeriodicalIF":1.5000,"publicationDate":"2010-03-12","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"17","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V26I2.52739","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q2","JCRName":"SOCIAL SCIENCES, INTERDISCIPLINARY","Score":null,"Total":0}
引用次数: 17
Abstract
Verbruikerstevredenheid, ‘n na-aankoopevaluering
dat ‘n gekose produk aan ‘n verbruiker se verwagtinge voldoen of dit oortref (Engel et al, 1995), word algemeen as die ideale uitkoms van verbruikersbesluitneming voorgehou. Verbruikerstevredenheid verlig die interne
spanningstoestand (kognitiewe dissonansie) wat veral met die aankoop van hoerisikoprodukte gepaard gaan. Verbruikerstevredenheid het die verdere voordeel vir
handelaars en produsente dat verbruikers hulle tevredenheid aan ander verbruikers kommunikeer en dat daar ‘n groot moontlikheid bestaan dat die tevrede verbruikers daardie produkte weer sal koop en selfs handelsnaamlojaal kan raak. Volgens die konfirmasie/diskonfirmasieparadigma word verbruikerstevredenheid beskou as ‘n situasie van konfirmasie waar die produk aan die verbruiker se verwagtinge voldoen; verbruikersontevredenheid is dus ‘n situasie van diskonfirmasie. Navorsers is dit verder
eens dat verbruikers(on)tevredenheid ook met
‘n bepaalde intensiteit ervaar word. Daar is bewyse dat verbruikerstevredenheid en verbruikersontevredenheid selfs as twee afsonderlike konstrukte beskou moet word en dat die emosie op spesifieke eienskappe van
die produk gerig is en selfs in stadiums manifesteer. Verbruikers vorm dus ‘n aanvanklike indruk van tevredenheid of ontevredenheid, maar met gebruik kan die emosie verander omdat evaluering ‘n voortgesette en volgehoue proses is. Om leiding met betrekking tot
verbruikersbesluitneming te kan gee in ‘n poging om verbruikerstevredenheid te bevorder, moet die kompleksiteit van die konstruk sowel as die invloed van
persoonlikheidsverskille tydens evaluering in a a n m e r k i n g g e n e e m w o r d . Verbruikersraadgewing is dus ewe kompleks -veral omdat verbruikers dit soms moeilik vind om hulle behoeftes met betrekking tot produkte
te verbaliseer. Huishoudkundiges het ‘n beter kans om die ondersteuning te bied wat nodig is om verbruikerstevredenheid te bevorder as gevolg van hulle basiese kennis van die mens se funksionering in sy mikro- en makroomgewing saam met die produkkennis wat op
meer konkrete beginsels en eienskappe berus. Verbruikerstevredenheid as die gevolg van ‘n aankoopbesluit is ‘n ideaal om voor te hou,
maar as gevolg van die kompleksiteit van die
konstruk en die onvoorspelbaarheid van die verbruiker se optrede is dit moeilik om dit te verwesenlik. Volgehoue navorsing in hierdie verband het tot op hede nog nie die saak vereenvoudig nie.