{"title":"The use of conjoint analysis to determine consumer buying preferences: A literature review","authors":"E. North, Retha B. De Vos","doi":"10.4314/JFECS.V30I1.52828","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Akademiese navorsers en praktisyns verskil wanneer dit by die klassifikasie, waarde en gebruike van eksperimente as 'n bron van primere data kom. 'n Eksperimentele ontwerp word as een van vier voorwaardes vir 'n kousale navorsingsontwerp beskou. Die eksperiment kan verskeie vorme aanneem, en in die veld of in 'n laboratorium uitgevoer word. Sommige navorsers beskou voorkeurkeuse ontleding (conjoint analysis) as 'n spesiale tipe eksperiment wat normaalweg in 'n laboratorium plaasvind. As 'n navorsingsmetode behels voorkeurkeuse ontleding in wese dat die utiliteitswaarde wat verbruikers aan sekere vlakke of kombinasies van die eienskappe van produkte en dienste toeken, afgelei word. Navorsers en bemarkers kan deur middel van so 'n voorkeurkeuse studie byvoorbeeld 'n beter begrip ontwikkel van die werklike waarde wat verbruikers aan produkeienskappe heg wanneer aankoopbesluite geneem moet word. Die primere doel van die artikel is om 'n teoretiese oorsig van die aard van voorkeurkeuse ontleding as 'n navorsingsmetode te gee, en die waarde wat dit vir navorsers in die bemarkings - en verbruikerswetenskapvelde inhou, toe te lig. Onlangse studies sal vermeld word, en die proses om 'n voorkeurkeuse ontleding te onderneem, sal aandag geniet.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"9 1","pages":"32-39"},"PeriodicalIF":1.5000,"publicationDate":"2010-03-15","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"44","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V30I1.52828","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q2","JCRName":"SOCIAL SCIENCES, INTERDISCIPLINARY","Score":null,"Total":0}
引用次数: 44
Abstract
Akademiese navorsers en praktisyns verskil wanneer dit by die klassifikasie, waarde en gebruike van eksperimente as 'n bron van primere data kom. 'n Eksperimentele ontwerp word as een van vier voorwaardes vir 'n kousale navorsingsontwerp beskou. Die eksperiment kan verskeie vorme aanneem, en in die veld of in 'n laboratorium uitgevoer word. Sommige navorsers beskou voorkeurkeuse ontleding (conjoint analysis) as 'n spesiale tipe eksperiment wat normaalweg in 'n laboratorium plaasvind. As 'n navorsingsmetode behels voorkeurkeuse ontleding in wese dat die utiliteitswaarde wat verbruikers aan sekere vlakke of kombinasies van die eienskappe van produkte en dienste toeken, afgelei word. Navorsers en bemarkers kan deur middel van so 'n voorkeurkeuse studie byvoorbeeld 'n beter begrip ontwikkel van die werklike waarde wat verbruikers aan produkeienskappe heg wanneer aankoopbesluite geneem moet word. Die primere doel van die artikel is om 'n teoretiese oorsig van die aard van voorkeurkeuse ontleding as 'n navorsingsmetode te gee, en die waarde wat dit vir navorsers in die bemarkings - en verbruikerswetenskapvelde inhou, toe te lig. Onlangse studies sal vermeld word, en die proses om 'n voorkeurkeuse ontleding te onderneem, sal aandag geniet.