’n Eeu van sentrale banknote in Suid-Afrika: Ekonomie, koste en voordele

J. Rossouw
{"title":"’n Eeu van sentrale banknote in Suid-Afrika: Ekonomie, koste en voordele","authors":"J. Rossouw","doi":"10.36303/satnt.2022.41.1.850","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ’n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in omloop is by wyse van muntloon (seigniorage) ’n belangrike inkomstebron vir sentrale banke. In akademiese literatuur kry muntloon ook min aandag. Die koste van die muntloonverdelingsooreenkoms tussen Suid-Afrika en die Gemeenskaplike Monetêre Gebied (Common Monetary Area), naamlik Eswatini, Lesotho en Namibië, is insgelyks ’n aspek wat min aandag kry. Hierdie aspekte word as areas vir verdere navorsing geïdentifiseer.\n\nSuid-Afrika het sedert unifikasie in 1910 sy eie onafhanklike geldeenheid, wat tot 1961 op die imperiale stelsel van £/s/d gemodelleer was. ’n Desimale geldstelsel is in 1961 in omloop gebring. Suid-Afrika het toevallig in 1961 ook ’n Republiek geword, maar die twee prosesse was totaal onafhanklik van mekaar. ’n Desimale geldstelsel was nie ’n voorwaarde vir Republiekwording, nie, terwyl Republiekwording ook nie ’n voorwaarde vir ’n desimale geldstelsel was nie. Beide Australië en Nieu-Seeland het gedesimaliseer sonder om onafhanklike republieke te word.\n\nSedert 1922 groei banknote in omloop betreklik konstant teen ’n gemiddelde groeikoers naby 10 persent per jaar. Die konstante groeikoers word aangeteken ten spyte van groot wisselvalligheid in die jaarlikse ekonomiese groeikoers en in die jaarlikse inflasiekoers gedurende die afgelope eeu. Hierdie groeikoers is volgehou ten spyte van die aanvaarding van nuwe betaalinstrumente soos kredietkaarte en direkte fondsoorplasing. Dit is egter nog té vroeg om te oordeel of kriptogeldeenhede soos Bitcoin ’n verandering in die groeikoers van banknote in omloop tot gevolg sal hê.\n\nDie reële waarde van die grootste noot in omloop in Suid-Afrika het oor tyd skerp afgeneem. Tans is dit die R200-noot, wat reeds sedert 1993 die grootste noot in omloop is. Suid-Afrika is gereed vir ’n banknoot met ’n groter sigwaarde as R200, want in reële terme is R200 die laagste sigwaarde ooit vir die grootste banknoot in omloop sedert 1922 indien aangepas vir inflasie.\n\nSelfs binne ’n kontantomgewing is die nasionale betaalstelsel van groot belang, want dit is die stelsel wat gebruik word vir transaksies op bankrekeninge by handelsbanke, onder meer wanneer kliënte kontant uit bankrekeninge onttrek of geld deponeer. Die stelsel maak intydse vereffening van transaksies op bankrekeninge moontlik. Dit is opvallend dat die nasionale betaalstelsel ook min aandag in die akademiese literatuur kry.\n\nLaastens is daar ’n tekort aan vergelykende studies oor die banknootverspreidingsfunksies van sentrale banke. Studies van hierdie aard sal nuttig wees binne ’n groter vergelykende studie van die institusionele aspekte van sentrale banke.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"6 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0000,"publicationDate":"2022-03-29","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"0","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.36303/satnt.2022.41.1.850","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
引用次数: 0

Abstract

Hierdie artikel toon aan dat die kontantfunksie van sentrale banke (spesifiek banknote) weinig aandag in die akademiese literatuur kry en dra dus by om hierdie leemte te vul. Banknootuitreiking kom teen ’n groot koste vir sentrale banke, maar banknote in omloop is by wyse van muntloon (seigniorage) ’n belangrike inkomstebron vir sentrale banke. In akademiese literatuur kry muntloon ook min aandag. Die koste van die muntloonverdelingsooreenkoms tussen Suid-Afrika en die Gemeenskaplike Monetêre Gebied (Common Monetary Area), naamlik Eswatini, Lesotho en Namibië, is insgelyks ’n aspek wat min aandag kry. Hierdie aspekte word as areas vir verdere navorsing geïdentifiseer. Suid-Afrika het sedert unifikasie in 1910 sy eie onafhanklike geldeenheid, wat tot 1961 op die imperiale stelsel van £/s/d gemodelleer was. ’n Desimale geldstelsel is in 1961 in omloop gebring. Suid-Afrika het toevallig in 1961 ook ’n Republiek geword, maar die twee prosesse was totaal onafhanklik van mekaar. ’n Desimale geldstelsel was nie ’n voorwaarde vir Republiekwording, nie, terwyl Republiekwording ook nie ’n voorwaarde vir ’n desimale geldstelsel was nie. Beide Australië en Nieu-Seeland het gedesimaliseer sonder om onafhanklike republieke te word. Sedert 1922 groei banknote in omloop betreklik konstant teen ’n gemiddelde groeikoers naby 10 persent per jaar. Die konstante groeikoers word aangeteken ten spyte van groot wisselvalligheid in die jaarlikse ekonomiese groeikoers en in die jaarlikse inflasiekoers gedurende die afgelope eeu. Hierdie groeikoers is volgehou ten spyte van die aanvaarding van nuwe betaalinstrumente soos kredietkaarte en direkte fondsoorplasing. Dit is egter nog té vroeg om te oordeel of kriptogeldeenhede soos Bitcoin ’n verandering in die groeikoers van banknote in omloop tot gevolg sal hê. Die reële waarde van die grootste noot in omloop in Suid-Afrika het oor tyd skerp afgeneem. Tans is dit die R200-noot, wat reeds sedert 1993 die grootste noot in omloop is. Suid-Afrika is gereed vir ’n banknoot met ’n groter sigwaarde as R200, want in reële terme is R200 die laagste sigwaarde ooit vir die grootste banknoot in omloop sedert 1922 indien aangepas vir inflasie. Selfs binne ’n kontantomgewing is die nasionale betaalstelsel van groot belang, want dit is die stelsel wat gebruik word vir transaksies op bankrekeninge by handelsbanke, onder meer wanneer kliënte kontant uit bankrekeninge onttrek of geld deponeer. Die stelsel maak intydse vereffening van transaksies op bankrekeninge moontlik. Dit is opvallend dat die nasionale betaalstelsel ook min aandag in die akademiese literatuur kry. Laastens is daar ’n tekort aan vergelykende studies oor die banknootverspreidingsfunksies van sentrale banke. Studies van hierdie aard sal nuttig wees binne ’n groter vergelykende studie van die institusionele aspekte van sentrale banke.
查看原文
分享 分享
微信好友 朋友圈 QQ好友 复制链接
本刊更多论文
求助全文
约1分钟内获得全文 去求助
来源期刊
自引率
0.00%
发文量
0
期刊最新文献
A visual exploration of South Africa’s position in the global ingredient-recipe network ChatGPT-3.5 can create and justify short Afrikaans poems: Implications for practice Digital Transformation Framework for Quick Service Restaurants: A Sub-Saharan Africa Case Study Towards a quantified-self technology conceptual framework for monitoring diabetes ’n Festschrift ter ere van die wetenskaplike bydrae van prof Esté (HH) Vorster tot die studieveld van Voeding
×
引用
GB/T 7714-2015
复制
MLA
复制
APA
复制
导出至
BibTeX EndNote RefMan NoteFirst NoteExpress
×
×
提示
您的信息不完整,为了账户安全,请先补充。
现在去补充
×
提示
您因"违规操作"
具体请查看互助需知
我知道了
×
提示
现在去查看 取消
×
提示
确定
0
微信
客服QQ
Book学术公众号 扫码关注我们
反馈
×
意见反馈
请填写您的意见或建议
请填写您的手机或邮箱
已复制链接
已复制链接
快去分享给好友吧!
我知道了
×
扫码分享
扫码分享
Book学术官方微信
Book学术文献互助
Book学术文献互助群
群 号:481959085
Book学术
文献互助 智能选刊 最新文献 互助须知 联系我们:info@booksci.cn
Book学术提供免费学术资源搜索服务,方便国内外学者检索中英文文献。致力于提供最便捷和优质的服务体验。
Copyright © 2023 Book学术 All rights reserved.
ghs 京公网安备 11010802042870号 京ICP备2023020795号-1