Factors affecting the purchasing of rabbit meat: A study of ethnic groups in the Western Cape.

IF 1.5 Q2 SOCIAL SCIENCES, INTERDISCIPLINARY Journal of Family Ecology and Consumer Sciences Pub Date : 2010-03-15 DOI:10.4314/JFECS.V32I1.52850
L. Hoffman, P. Nkhabutlane, D. Schutte, C. Vosloo
{"title":"Factors affecting the purchasing of rabbit meat: A study of ethnic groups in the Western Cape.","authors":"L. Hoffman, P. Nkhabutlane, D. Schutte, C. Vosloo","doi":"10.4314/JFECS.V32I1.52850","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Die bemarking van konynvleis in ander lande het 'n verskuiwing ondergaan, van die verkoop van heel konynkarkasse tot die later ontwikkeling van die verkoop van konynvleis in porsies as 'n geriefsverpakking. Ander bemarkingsvraagstukke met betrekking tot konynvleis, byvoorbeeld of daar 'n mark daarvoor is, is nie ondersoek nie. In hierdie studie is die bemarkingspotensiaal van konynvleis ondersoek. Die beskrywende opnamemetode, wat gebruik maak van 'n gestruktureerde vraelys, is gebruik en toegepas op 304 respondente. Die gemiddelde waardes van faktore wat die bemarking en aankoop van konynvleis bei?½nvloed, is bereken. Dit was bepaal dat die mark vir konynvleis nog baie beperk is. Slegs 43% van die respondente wat wel konynvleis verbruikers is, het aangedui dat hulle een of twee keer per maand konynvleis sal wil eet, waarvan 29 swart, agt wit en 23 bruin respondente was. Die voorgenome frekwensie van inname van die res van die verbruikers van konynvleis was een of twee keer per jaar. Die resultate dui daarop dat respondente, wat verbruikers van konynvleis is, dit sou verkies om konynvleis in porsies (53%), eerder as die hele karkas te koop. Indien vars verkoop, sal die porsies die bemarkbaarste wees. Varsheid is deur al die respondente, ongeag etniese groep, as die belangrikste kwalitatiewe eienskap van konynvleis beskou. Die meeste respondente het aangedui dat hulle die agter- en voorbeen, en borsgedeeltes as porsies sal verkies, met die agterbeen as die mees gewilde gedeelte en die borsgedeelte as die minste gewild. Die verskille wat waargeneem is in die opinies met betrekking tot die bemarking van heel karkasse, het aangedui dat die swart respondente die kop saam met die karkas sou wou koop. Die hoofrede vir die voorkeur, is dat hulle wil seker maak dat die karkas wat aan hulle verkoop word, inderdaad die van 'n konyn is, en nie van 'n kat nie. Die respondente wat verbruikers van konynvleis is, het aangedui dat hulle sou verkies om die aankoop van konynvleis te beperk tot supermarkte (41%), slagters (44%), jagters (30%) en restaurante (23%), eerder as om konynvleis van telers te verkry. Maksimum verkope van konynvleis kan bereik word deur 'n manipulasie van die verkoopprys. Resultate het aangedui dat die meeste respondente (61%) sou verkies om konynvleis teen 'n prys laer as die van hoender aan te koop, terwyl 37% gewillig sou wees om meer vir konynvleis as vir hoender te betaal. Die verwagtinge en voorkeure van die verskillende respondente met betrekking tot konynvleis is 'n belangrike faktor wat in gedagte gehou moet word by die bemarking daarvan. Blanke respondente het aangedui dat hulle die vleis van maer, jong (sagte) konyne sal verkies, terwyl swart respondente aangedui het dat hulle 'n voorkeur sou he vir vetterige, taaier konynvleis.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"95 1","pages":"26-35"},"PeriodicalIF":1.5000,"publicationDate":"2010-03-15","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"25","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V32I1.52850","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q2","JCRName":"SOCIAL SCIENCES, INTERDISCIPLINARY","Score":null,"Total":0}
引用次数: 25

Abstract

Die bemarking van konynvleis in ander lande het 'n verskuiwing ondergaan, van die verkoop van heel konynkarkasse tot die later ontwikkeling van die verkoop van konynvleis in porsies as 'n geriefsverpakking. Ander bemarkingsvraagstukke met betrekking tot konynvleis, byvoorbeeld of daar 'n mark daarvoor is, is nie ondersoek nie. In hierdie studie is die bemarkingspotensiaal van konynvleis ondersoek. Die beskrywende opnamemetode, wat gebruik maak van 'n gestruktureerde vraelys, is gebruik en toegepas op 304 respondente. Die gemiddelde waardes van faktore wat die bemarking en aankoop van konynvleis bei?½nvloed, is bereken. Dit was bepaal dat die mark vir konynvleis nog baie beperk is. Slegs 43% van die respondente wat wel konynvleis verbruikers is, het aangedui dat hulle een of twee keer per maand konynvleis sal wil eet, waarvan 29 swart, agt wit en 23 bruin respondente was. Die voorgenome frekwensie van inname van die res van die verbruikers van konynvleis was een of twee keer per jaar. Die resultate dui daarop dat respondente, wat verbruikers van konynvleis is, dit sou verkies om konynvleis in porsies (53%), eerder as die hele karkas te koop. Indien vars verkoop, sal die porsies die bemarkbaarste wees. Varsheid is deur al die respondente, ongeag etniese groep, as die belangrikste kwalitatiewe eienskap van konynvleis beskou. Die meeste respondente het aangedui dat hulle die agter- en voorbeen, en borsgedeeltes as porsies sal verkies, met die agterbeen as die mees gewilde gedeelte en die borsgedeelte as die minste gewild. Die verskille wat waargeneem is in die opinies met betrekking tot die bemarking van heel karkasse, het aangedui dat die swart respondente die kop saam met die karkas sou wou koop. Die hoofrede vir die voorkeur, is dat hulle wil seker maak dat die karkas wat aan hulle verkoop word, inderdaad die van 'n konyn is, en nie van 'n kat nie. Die respondente wat verbruikers van konynvleis is, het aangedui dat hulle sou verkies om die aankoop van konynvleis te beperk tot supermarkte (41%), slagters (44%), jagters (30%) en restaurante (23%), eerder as om konynvleis van telers te verkry. Maksimum verkope van konynvleis kan bereik word deur 'n manipulasie van die verkoopprys. Resultate het aangedui dat die meeste respondente (61%) sou verkies om konynvleis teen 'n prys laer as die van hoender aan te koop, terwyl 37% gewillig sou wees om meer vir konynvleis as vir hoender te betaal. Die verwagtinge en voorkeure van die verskillende respondente met betrekking tot konynvleis is 'n belangrike faktor wat in gedagte gehou moet word by die bemarking daarvan. Blanke respondente het aangedui dat hulle die vleis van maer, jong (sagte) konyne sal verkies, terwyl swart respondente aangedui het dat hulle 'n voorkeur sou he vir vetterige, taaier konynvleis.
查看原文
分享 分享
微信好友 朋友圈 QQ好友 复制链接
本刊更多论文
影响兔肉购买的因素:西开普省少数民族的研究。
本文章由计算机程序翻译,如有差异,请以英文原文为准。
求助全文
约1分钟内获得全文 去求助
来源期刊
Journal of Family Ecology and Consumer Sciences
Journal of Family Ecology and Consumer Sciences SOCIAL SCIENCES, INTERDISCIPLINARY-
自引率
0.00%
发文量
0
期刊最新文献
Consumption patterns of street food consumers in Cape Town Parental influence on consumer and purchase behaviour of Generation Y The efficacy of anolyte as an environmentally friendly disinfectant on Escherichia coli and Staphylococcus aureus contaminated cotton, polyestercotton and polyester Pedagogical guidance for South African consumer studies education The standing of the curriculum for Consumer Studies as school subject in the South African context
×
引用
GB/T 7714-2015
复制
MLA
复制
APA
复制
导出至
BibTeX EndNote RefMan NoteFirst NoteExpress
×
×
提示
您的信息不完整,为了账户安全,请先补充。
现在去补充
×
提示
您因"违规操作"
具体请查看互助需知
我知道了
×
提示
现在去查看 取消
×
提示
确定
0
微信
客服QQ
Book学术公众号 扫码关注我们
反馈
×
意见反馈
请填写您的意见或建议
请填写您的手机或邮箱
已复制链接
已复制链接
快去分享给好友吧!
我知道了
×
扫码分享
扫码分享
Book学术官方微信
Book学术文献互助
Book学术文献互助群
群 号:481959085
Book学术
文献互助 智能选刊 最新文献 互助须知 联系我们:info@booksci.cn
Book学术提供免费学术资源搜索服务,方便国内外学者检索中英文文献。致力于提供最便捷和优质的服务体验。
Copyright © 2023 Book学术 All rights reserved.
ghs 京公网安备 11010802042870号 京ICP备2023020795号-1