{"title":"Increased accountability through monitoring empowerment programmes","authors":"Ruth Albertyn","doi":"10.4314/JFECS.V33I1.52863","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"OPSOMMING Bemagtiging is nodig om magtelose individue te help om beheer oor verskillende aspekte van hul lewens te verkry. Bemagtiging is dikwels die verklaarde doelwit van intervensieprogramme. Dit is dus noodsaaklik dat programme gemoniteer en geevalueer word om toerekenbaarheid en sinvolheid te verseker. ‘n Oorsig van vyf studies word aangebied waarin ‘n gestandaardiseerde kwantitatiewe meetinstrument, Bemagtingsvraelys van Albertyn, toegepas is. Die Bemagtingsvraelys bestaan uit 61 stellings met ‘n Likertskaal-styl respons. Die stellings verteenwoordig aanwysers van bemagting op drie vlakke naamlik, die Mikro-, Interpersoonlike en Makro-vlak. Die meetinstrument is by verskillende meetgeleenthede (voor-, her- en/of opvolg-toets) in die vyf studies gebruik. Die gevalle betrek by die studies het bestaan uit werklose vroue betrokke by vaardigheidsopleiding of VIGS eweknie-leerlingopleiers, en betrokke by formele of informele opleiding. In die geval van slegs voortoetsing het die meting die aanvanklike bemagtingstatus en behoeftes van individue aangetoon sodat die intervensieprogramme daarvolgens aangepas kon word. Vooren natoetsing het die doeltreffendheid van intervensieprogramme aangedui en as terugvoering oor die sinvolheid van programbeplanning en –aanbieding gedien. By bykomende opvolgtoetsing is inligting verkry oor die retensie en die handhawing van die bemagtingstatus verwerf na blootstelling aan die intervensie. Professionele persone staan voor die uitdaging van toerekenbaarheid by die beplanning van intervensies om die bepaalde behoeftes van die teikengroep aan te spreek en gedragsverandering wat volhoubaar is, te verseker. Dit kan van nut wees by verdere programbeplanning en die verbetering van dienste, en kan behulpsaam wees met die verkryging van fondse vir toekomstige intervensieprogramme.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"7 1","pages":""},"PeriodicalIF":1.5000,"publicationDate":"2010-03-16","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"8","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V33I1.52863","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q2","JCRName":"SOCIAL SCIENCES, INTERDISCIPLINARY","Score":null,"Total":0}
引用次数: 8
Abstract
OPSOMMING Bemagtiging is nodig om magtelose individue te help om beheer oor verskillende aspekte van hul lewens te verkry. Bemagtiging is dikwels die verklaarde doelwit van intervensieprogramme. Dit is dus noodsaaklik dat programme gemoniteer en geevalueer word om toerekenbaarheid en sinvolheid te verseker. ‘n Oorsig van vyf studies word aangebied waarin ‘n gestandaardiseerde kwantitatiewe meetinstrument, Bemagtingsvraelys van Albertyn, toegepas is. Die Bemagtingsvraelys bestaan uit 61 stellings met ‘n Likertskaal-styl respons. Die stellings verteenwoordig aanwysers van bemagting op drie vlakke naamlik, die Mikro-, Interpersoonlike en Makro-vlak. Die meetinstrument is by verskillende meetgeleenthede (voor-, her- en/of opvolg-toets) in die vyf studies gebruik. Die gevalle betrek by die studies het bestaan uit werklose vroue betrokke by vaardigheidsopleiding of VIGS eweknie-leerlingopleiers, en betrokke by formele of informele opleiding. In die geval van slegs voortoetsing het die meting die aanvanklike bemagtingstatus en behoeftes van individue aangetoon sodat die intervensieprogramme daarvolgens aangepas kon word. Vooren natoetsing het die doeltreffendheid van intervensieprogramme aangedui en as terugvoering oor die sinvolheid van programbeplanning en –aanbieding gedien. By bykomende opvolgtoetsing is inligting verkry oor die retensie en die handhawing van die bemagtingstatus verwerf na blootstelling aan die intervensie. Professionele persone staan voor die uitdaging van toerekenbaarheid by die beplanning van intervensies om die bepaalde behoeftes van die teikengroep aan te spreek en gedragsverandering wat volhoubaar is, te verseker. Dit kan van nut wees by verdere programbeplanning en die verbetering van dienste, en kan behulpsaam wees met die verkryging van fondse vir toekomstige intervensieprogramme.