’n Model om Nylkrokodileiers se volumes mee te skat nadat hulle uitgebroei het

Johan O. Nothling, JO Nöthling, Jan G Myburgh
{"title":"’n Model om Nylkrokodileiers se volumes mee te skat nadat hulle uitgebroei het","authors":"Johan O. Nothling, JO Nöthling, Jan G Myburgh","doi":"10.36303/satnt.2019.38.1.680","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"Die waarde van hul leer stimuleer kommersiële boerdery met verskeie spesies van die Crocodilia. Oorlewings- en groeivermoë van krokodilbroeilinge hou verband met hul geboortemassa. Daar bestaan ’n positiewe verband tussen broeilinggrootte en eiergrootte van verskeie spesies van die Crocodilia. Krokodileiers se grootte word dikwels nie gemeet voordat hulle uitbroei nie. Die doel van hierdie studie was om ’n model te skep waarmee die volume van individuele Nylkrokodileiers geskat kan word nadat hulle uitgebroei het en die dop gebreek is, sodat die verband tussen eiervolume en broeilingmassa op ’n individuele basis bestudeer kan word sonder dat die grootte van eiers gemeet is voordat hulle uitbroei.\n\nOnvrugbare eiers is in sy-aansig gefotografeer, met een pool na onder en die ander na bo en ’n skaal op die vlak van fokus. Hul volume is met waterverplasing gemeet (verplasingsvolume). ’n Rekenaarprogram wat vir die doel geskryf is, is gebruik om die fotobeelde te meet. Die program het die eierbeeld regop gedraai en die posisie van die poolas bepaal sonder om die boonste pool se posisie in ag te neem. Die lengte van verskeie dwarsdeursnitte (loodreg op die poolas) is gemeet, en die volume van die eier bereken deur die funksie wat die horison van die eier op die poolas beskryf te integreer (berekende volume). Die beste modelle is bepaal om die berekende volume te skat deur gebruik te maak van inligting beperk tot verskillende afstande van die onderste pool in die rigting van die boonste te gebruik, en vir eiers met verskillende polariteit. Die modelle is daarna gebruik om die volumes van 138 eiers waarvan 15%, 20%, 25% en 30% van elke eierbeeld, van die boonste pool in die rigting van die onderste, gemaskeer is.\n\nDeur analise van die gemaskeerde fotobeelde kan die volume van eiers met volumes van 60 ml tot 135 ml met 95% vertroue binne 4.57 ml van die werklike voorspel word. Hierdie studie skep die moontlikheid om die volume van uitgebroeide Nylkrokodileiers te skat. Variasie in Nylkrokodille se geboortemassa van groter as 7.72% kan met 95% vertroue geïdentifi seer word vir broeilinge uit eiers met ’n geskatte volume van 60 ml, terwyl die presisie verbeter tot ’n variasie groter as 3.40% vir broeilinge uit eiers met ’n geskatte volume van 135 ml.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"11 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0000,"publicationDate":"2019-04-11","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"3","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.36303/satnt.2019.38.1.680","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"","JCRName":"","Score":null,"Total":0}
引用次数: 3

Abstract

Die waarde van hul leer stimuleer kommersiële boerdery met verskeie spesies van die Crocodilia. Oorlewings- en groeivermoë van krokodilbroeilinge hou verband met hul geboortemassa. Daar bestaan ’n positiewe verband tussen broeilinggrootte en eiergrootte van verskeie spesies van die Crocodilia. Krokodileiers se grootte word dikwels nie gemeet voordat hulle uitbroei nie. Die doel van hierdie studie was om ’n model te skep waarmee die volume van individuele Nylkrokodileiers geskat kan word nadat hulle uitgebroei het en die dop gebreek is, sodat die verband tussen eiervolume en broeilingmassa op ’n individuele basis bestudeer kan word sonder dat die grootte van eiers gemeet is voordat hulle uitbroei. Onvrugbare eiers is in sy-aansig gefotografeer, met een pool na onder en die ander na bo en ’n skaal op die vlak van fokus. Hul volume is met waterverplasing gemeet (verplasingsvolume). ’n Rekenaarprogram wat vir die doel geskryf is, is gebruik om die fotobeelde te meet. Die program het die eierbeeld regop gedraai en die posisie van die poolas bepaal sonder om die boonste pool se posisie in ag te neem. Die lengte van verskeie dwarsdeursnitte (loodreg op die poolas) is gemeet, en die volume van die eier bereken deur die funksie wat die horison van die eier op die poolas beskryf te integreer (berekende volume). Die beste modelle is bepaal om die berekende volume te skat deur gebruik te maak van inligting beperk tot verskillende afstande van die onderste pool in die rigting van die boonste te gebruik, en vir eiers met verskillende polariteit. Die modelle is daarna gebruik om die volumes van 138 eiers waarvan 15%, 20%, 25% en 30% van elke eierbeeld, van die boonste pool in die rigting van die onderste, gemaskeer is. Deur analise van die gemaskeerde fotobeelde kan die volume van eiers met volumes van 60 ml tot 135 ml met 95% vertroue binne 4.57 ml van die werklike voorspel word. Hierdie studie skep die moontlikheid om die volume van uitgebroeide Nylkrokodileiers te skat. Variasie in Nylkrokodille se geboortemassa van groter as 7.72% kan met 95% vertroue geïdentifi seer word vir broeilinge uit eiers met ’n geskatte volume van 60 ml, terwyl die presisie verbeter tot ’n variasie groter as 3.40% vir broeilinge uit eiers met ’n geskatte volume van 135 ml.
查看原文
分享 分享
微信好友 朋友圈 QQ好友 复制链接
本刊更多论文
求助全文
约1分钟内获得全文 去求助
来源期刊
自引率
0.00%
发文量
0
期刊最新文献
A visual exploration of South Africa’s position in the global ingredient-recipe network ChatGPT-3.5 can create and justify short Afrikaans poems: Implications for practice Digital Transformation Framework for Quick Service Restaurants: A Sub-Saharan Africa Case Study Towards a quantified-self technology conceptual framework for monitoring diabetes ’n Festschrift ter ere van die wetenskaplike bydrae van prof Esté (HH) Vorster tot die studieveld van Voeding
×
引用
GB/T 7714-2015
复制
MLA
复制
APA
复制
导出至
BibTeX EndNote RefMan NoteFirst NoteExpress
×
×
提示
您的信息不完整,为了账户安全,请先补充。
现在去补充
×
提示
您因"违规操作"
具体请查看互助需知
我知道了
×
提示
现在去查看 取消
×
提示
确定
0
微信
客服QQ
Book学术公众号 扫码关注我们
反馈
×
意见反馈
请填写您的意见或建议
请填写您的手机或邮箱
已复制链接
已复制链接
快去分享给好友吧!
我知道了
×
扫码分享
扫码分享
Book学术官方微信
Book学术文献互助
Book学术文献互助群
群 号:481959085
Book学术
文献互助 智能选刊 最新文献 互助须知 联系我们:info@booksci.cn
Book学术提供免费学术资源搜索服务,方便国内外学者检索中英文文献。致力于提供最便捷和优质的服务体验。
Copyright © 2023 Book学术 All rights reserved.
ghs 京公网安备 11010802042870号 京ICP备2023020795号-1