{"title":"Food-gardens and nutrition: Three Southern African case studies","authors":"N. Webb","doi":"10.4314/JFECS.V28I1.52792","DOIUrl":null,"url":null,"abstract":"‘n Groot deel van die literatuur wat oor voedseltuine \n[food-gardens] handel, beweer dat daar ‘n noue \nverwantskap tussen groenteproduksie en voeding \nbestaan. Op grond van ‘n kort literatuurbeskouing \nen ‘n beoordeling van drie gevallestudies, word die \nbogenoemde verwantskap bevraagteken. Die eerste gevallestudie, wat beweer het dat daar ‘n beduidende verwantskap tussen stedelike landbou en huishoudelike voeding bestaan, is as analities swak beskou. Spesifieke swakhede sluit die volgende in: die grootte en die samestelling van die steekproef, die hoe waarskynlikheid dat eksterne faktore die bevindinge beinvloed het en die swak formulering van die verbande tussen voeding en \ngroenteverbruik. In die bespreking van die tweede \ngevallestudie word die geldigheid van die positiewe \nbeskouings (uitgespreek deur die betrokke \nkwekers) oor die rol van groente in ‘n gesonde dieet \nbevraagteken. Groenteverbruik was onreelmatig \nen die gemiddelde groenteverbruiksvlakke laag. \nDie bevindinge van die derde gevallestudie het \naangedui dat daar onbeduiende verskille is tussen \ndie voedingstatus van kinders van groentekwekers \nen diegene wat nie groente kweek nie. Die hoof \nbydraende faktor tot hierdie bevinding was die lae \ngroenteverbruik van albei groepe. Die doel van hierdie artikel is nie om die moontlike rol van groentekwekery by die verbetering van voedingstatus te minimaliseer nie. Dit dring eerder daarop aan dat hierdie rol duidelik vasgestel moet word.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"1 1","pages":""},"PeriodicalIF":1.5000,"publicationDate":"2010-03-15","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":"31","resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":null,"PeriodicalName":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","FirstCategoryId":"1085","ListUrlMain":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V28I1.52792","RegionNum":0,"RegionCategory":null,"ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":null,"EPubDate":"","PubModel":"","JCR":"Q2","JCRName":"SOCIAL SCIENCES, INTERDISCIPLINARY","Score":null,"Total":0}
引用次数: 31
Abstract
‘n Groot deel van die literatuur wat oor voedseltuine
[food-gardens] handel, beweer dat daar ‘n noue
verwantskap tussen groenteproduksie en voeding
bestaan. Op grond van ‘n kort literatuurbeskouing
en ‘n beoordeling van drie gevallestudies, word die
bogenoemde verwantskap bevraagteken. Die eerste gevallestudie, wat beweer het dat daar ‘n beduidende verwantskap tussen stedelike landbou en huishoudelike voeding bestaan, is as analities swak beskou. Spesifieke swakhede sluit die volgende in: die grootte en die samestelling van die steekproef, die hoe waarskynlikheid dat eksterne faktore die bevindinge beinvloed het en die swak formulering van die verbande tussen voeding en
groenteverbruik. In die bespreking van die tweede
gevallestudie word die geldigheid van die positiewe
beskouings (uitgespreek deur die betrokke
kwekers) oor die rol van groente in ‘n gesonde dieet
bevraagteken. Groenteverbruik was onreelmatig
en die gemiddelde groenteverbruiksvlakke laag.
Die bevindinge van die derde gevallestudie het
aangedui dat daar onbeduiende verskille is tussen
die voedingstatus van kinders van groentekwekers
en diegene wat nie groente kweek nie. Die hoof
bydraende faktor tot hierdie bevinding was die lae
groenteverbruik van albei groepe. Die doel van hierdie artikel is nie om die moontlike rol van groentekwekery by die verbetering van voedingstatus te minimaliseer nie. Dit dring eerder daarop aan dat hierdie rol duidelik vasgestel moet word.