首页 > 最新文献

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie最新文献

英文 中文
Wiskundige modellering van die prestasiekoëffisiënt van ’n direkte-uitbreiding grootmaatmelkverkoeler op ’n plaas: ’n Veelvoudige lineêre regressie-benadering
Pub Date : 2021-09-21 DOI: 10.36303/satnt.2021.40.1.840
R. Mhundwa, M. Simon
In hierdie studie word ’n metode vir die voorspelling van die prestasiekoëffisiënt (COP) van ’n direkte uitbreiding grootmaatmelkverkoeler (DXBMC) aangebied in die vorm van ’n meervoudige lineêre regressie (MLR) model. Die eksperimentele data wat gebruik is om die model te bou en te ontwikkel, is versamel vanaf ’n DXBMC van 21 m3 met behulp van ’n dataverwerwingstelsel wat temperatuursensors, ’n omgewingstemperatuur- en relatiewe humiditeitsensor en ’n kragmeter bevat. Die studie het aan die lig gebring dat die COP van ’n DXBMC op die plaas met hoë akkuraatheid voorspel kan word. Daar is gevind dat die R2-waardes vir die voorspelling van die COP 0.957 is. Verder is die ontwikkelde model statisties beduidend, met ’n p-waarde van 1,31 × 10-120. Die model kan die COP met ’n relatiewe hoë akkuraatheid voorspel, soos aangedui deur ’n lae wortel gemiddelde kwadraatfout (RMSE) wat 0,0406 is met ’n standaardfout van 0,0392 vir die gebruik van die model om die COP te voorspel, wat aandui die eksperimentele data lewer ’n goeie pasvorm. Die ReliefF-algoritme en 2D-simulasiegrafieke het aangedui dat energieverbruik en volume melk primêr bydra tot die COP. Daarenteen was melktemperatuur, omgewingstemperatuur en relatiewe humiditeit sekondêre bygedraende faktore. Die studie het bevind dat elektriese energie die belangrikste faktor is wat die COP van die DXBMC op ’n plaas beïnvloed. Dus kan energie-doeltreffendheidsinisiatiewe in melkboerderye help om die energieverbruik te optimaliseer.
{"title":"Wiskundige modellering van die prestasiekoëffisiënt van ’n direkte-uitbreiding grootmaatmelkverkoeler op ’n plaas: ’n Veelvoudige lineêre regressie-benadering","authors":"R. Mhundwa, M. Simon","doi":"10.36303/satnt.2021.40.1.840","DOIUrl":"https://doi.org/10.36303/satnt.2021.40.1.840","url":null,"abstract":"In hierdie studie word ’n metode vir die voorspelling van die prestasiekoëffisiënt (COP) van ’n direkte uitbreiding grootmaatmelkverkoeler (DXBMC) aangebied in die vorm van ’n meervoudige lineêre regressie (MLR) model. Die eksperimentele data wat gebruik is om die model te bou en te ontwikkel, is versamel vanaf ’n DXBMC van 21 m3 met behulp van ’n dataverwerwingstelsel wat temperatuursensors, ’n omgewingstemperatuur- en relatiewe humiditeitsensor en ’n kragmeter bevat. Die studie het aan die lig gebring dat die COP van ’n DXBMC op die plaas met hoë akkuraatheid voorspel kan word. Daar is gevind dat die R2-waardes vir die voorspelling van die COP 0.957 is. Verder is die ontwikkelde model statisties beduidend, met ’n p-waarde van 1,31 × 10-120. Die model kan die COP met ’n relatiewe hoë akkuraatheid voorspel, soos aangedui deur ’n lae wortel gemiddelde kwadraatfout (RMSE) wat 0,0406 is met ’n standaardfout van 0,0392 vir die gebruik van die model om die COP te voorspel, wat aandui die eksperimentele data lewer ’n goeie pasvorm. Die ReliefF-algoritme en 2D-simulasiegrafieke het aangedui dat energieverbruik en volume melk primêr bydra tot die COP. Daarenteen was melktemperatuur, omgewingstemperatuur en relatiewe humiditeit sekondêre bygedraende faktore. Die studie het bevind dat elektriese energie die belangrikste faktor is wat die COP van die DXBMC op ’n plaas beïnvloed. Dus kan energie-doeltreffendheidsinisiatiewe in melkboerderye help om die energieverbruik te optimaliseer.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"58 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2021-09-21","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"89053539","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
’n Ondersoek na die opname van sink deur Chrysopogon zizanioides uit gekontamineerde oppervlakwater
Pub Date : 2021-09-09 DOI: 10.36303/satnt.2021.40.1.848
L. Keay, V. Wepener, CT Wolmarans
Die verwydering van metale uit die omgewing kan deur verskeie prosesse, waarvan fitoremediëring die mees natuurlike is, gedoen word. Chrysopogon zizanioides is in hierdie studie gebruik om die opname en akkumulasie van sink (Zn) deur hierdie plant vanuit ’n akwatiese omgewing te bestudeer. Voorbereide eksemplare van C. zizanioides is oor ’n tydperk van 28 dae aan verskeie sinkkonsentrasies blootgestel. Water-, wortel- en blaarmeristeemmonsters is op 1 uur, 7, 14 en 28 dae na sinkblootstelling versamel en verwerk, waarna die sinkinhoud met behulp van atoomabsorpsiespektrofotometrie (AAS) bepaal is. Uit die resultate is dit duidelik dat die persentasie afname van Zn in die water oor die totale blootstellingsperiode die laagste was by die hoogste sinkkonsentrasie (15 en 30 mg/L). Terwyl dit by 0.1 mg/L en 1.5 mg/L met onderskeidelik 38% en 47% teen dag 28 afgeneem het. Verder het die biokonsentrasie faktor aangedui dat die persentasie Zn opgeneem deur die wortels per massa eenheid by al die bloostellingskonsentrasies en periodes hoër as in die blare was. Wat die translokasie faktor soos bereken vir die onderskeie wortel- en blaarmonsters betref, het dit nooit 1 oorskry nie. Dit dui daarop dat die blare nie ’n prominente rol in die akkumulasie van Zn gespeel het nie. Hierdie studie het aangetoon dat C. zizanioides by sinkkonsentrasies van 0.1 mg/L en 1.5 mg/L effektief mag wees as fitoremediëringsplante. Langertermyn studies sou moontlik kon aandui of Zn enigsins deur die blare getransporteer en gestoor word.
{"title":"’n Ondersoek na die opname van sink deur Chrysopogon zizanioides uit gekontamineerde oppervlakwater","authors":"L. Keay, V. Wepener, CT Wolmarans","doi":"10.36303/satnt.2021.40.1.848","DOIUrl":"https://doi.org/10.36303/satnt.2021.40.1.848","url":null,"abstract":"Die verwydering van metale uit die omgewing kan deur verskeie prosesse, waarvan fitoremediëring die mees natuurlike is, gedoen word. Chrysopogon zizanioides is in hierdie studie gebruik om die opname en akkumulasie van sink (Zn) deur hierdie plant vanuit ’n akwatiese omgewing te bestudeer. Voorbereide eksemplare van C. zizanioides is oor ’n tydperk van 28 dae aan verskeie sinkkonsentrasies blootgestel. Water-, wortel- en blaarmeristeemmonsters is op 1 uur, 7, 14 en 28 dae na sinkblootstelling versamel en verwerk, waarna die sinkinhoud met behulp van atoomabsorpsiespektrofotometrie (AAS) bepaal is. Uit die resultate is dit duidelik dat die persentasie afname van Zn in die water oor die totale blootstellingsperiode die laagste was by die hoogste sinkkonsentrasie (15 en 30 mg/L). Terwyl dit by 0.1 mg/L en 1.5 mg/L met onderskeidelik 38% en 47% teen dag 28 afgeneem het. Verder het die biokonsentrasie faktor aangedui dat die persentasie Zn opgeneem deur die wortels per massa eenheid by al die bloostellingskonsentrasies en periodes hoër as in die blare was. Wat die translokasie faktor soos bereken vir die onderskeie wortel- en blaarmonsters betref, het dit nooit 1 oorskry nie. Dit dui daarop dat die blare nie ’n prominente rol in die akkumulasie van Zn gespeel het nie. Hierdie studie het aangetoon dat C. zizanioides by sinkkonsentrasies van 0.1 mg/L en 1.5 mg/L effektief mag wees as fitoremediëringsplante. Langertermyn studies sou moontlik kon aandui of Zn enigsins deur die blare getransporteer en gestoor word.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"5 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2021-09-09","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"84645211","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Heuningbos (Cyclopia spp.) volwasse embrioweefselkultuur en die effek van peulposisie op saadkleur
Pub Date : 2021-08-19 DOI: 10.36303/satnt.2021.40.1.798
J. Koen, M. Slabbert, M. Booyse, C. Bester
Plante (verskillende genotipes) van Cyclopia spesies word gebruik om Suid-Afrikaanse heuningbostee (’n kruietee produk) te produseer en word tans deur teling vir grootskaalse verbouing verbeter. Saaddimorfisme en dormansie beïnvloed egter die ontkiemingspersentasie negatief. Deur gebruik te maak van volwasse embrioweefselkulture is studies om die ontkiemingspersentasie van saad te verhoog op C. longifolia, C. maculata en C. subternata gedoen. Die effek van stratifikasie op saadontkieming deur geen of ’n kouebehandeling toe te pas, is ook ondersoek. Volwasse embrios is hierna uit sade verwyder en vir ’n 24-uur fotoperiode by 25°C ± 1°C op weefselkultuur gekweek. Die kweek van volwasse embrios deur middel van weefselkulture was suksesvol en het deurlopend meer plante vergeleke met konvensionele saaimetode gelewer. Studies om die effek wat saadpeulposisie van die moederplant op saadkleur het, is ook gedoen. Volwasse heuningbospeule is vanaf die boonste, middelste en onderste-derdes van die blaarbedekte deel van die heuningbosplante versamel om die aantal groen/intermediêre/bruin sade wat by elke gedeelte geproduseer is, te bepaal. Die verhouding van saaddimorfisme wat by elke gedeelte geproduseer word, kon egter nie deur peulposisie voorspel word nie.
{"title":"Heuningbos (Cyclopia spp.) volwasse embrioweefselkultuur en die effek van peulposisie op saadkleur","authors":"J. Koen, M. Slabbert, M. Booyse, C. Bester","doi":"10.36303/satnt.2021.40.1.798","DOIUrl":"https://doi.org/10.36303/satnt.2021.40.1.798","url":null,"abstract":"Plante (verskillende genotipes) van Cyclopia spesies word gebruik om Suid-Afrikaanse heuningbostee (’n kruietee produk) te produseer en word tans deur teling vir grootskaalse verbouing verbeter. Saaddimorfisme en dormansie beïnvloed egter die ontkiemingspersentasie negatief. Deur gebruik te maak van volwasse embrioweefselkulture is studies om die ontkiemingspersentasie van saad te verhoog op C. longifolia, C. maculata en C. subternata gedoen. Die effek van stratifikasie op saadontkieming deur geen of ’n kouebehandeling toe te pas, is ook ondersoek. Volwasse embrios is hierna uit sade verwyder en vir ’n 24-uur fotoperiode by 25°C ± 1°C op weefselkultuur gekweek. Die kweek van volwasse embrios deur middel van weefselkulture was suksesvol en het deurlopend meer plante vergeleke met konvensionele saaimetode gelewer. Studies om die effek wat saadpeulposisie van die moederplant op saadkleur het, is ook gedoen. Volwasse heuningbospeule is vanaf die boonste, middelste en onderste-derdes van die blaarbedekte deel van die heuningbosplante versamel om die aantal groen/intermediêre/bruin sade wat by elke gedeelte geproduseer is, te bepaal. Die verhouding van saaddimorfisme wat by elke gedeelte geproduseer word, kon egter nie deur peulposisie voorspel word nie.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"15 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2021-08-19","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"80861940","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Ontwikkeling van differensiële aandrywing met haptiese gebruikersterugvoer
Pub Date : 2021-08-19 DOI: 10.36303/satnt.2021.40.1.807
FJ Boukila, Nicolene Renske Steyn, Karim D Djouani
Hierdie artikel handel oor die modellering van ’n bewegingsplatform met twee grade van vryheid wat in ’n geougmenteerderealiteit-omgewing vir handgedrewe mobiliteithulpmiddels aangewend kan word. Die geougmenteerde bewegingsplatform dien as ’n evaluerings- of rehabilitasiehulpmiddel vir gebruikers met ’n gestremde onderste ledemaat en die handgedrewe mobiliteitshulpmiddel wat hulle gebruik. Hierdie handgedrewe mobiliteitshulpmiddel kan gesien word as ’n konvensionele handgedrewe rolstoel wat differensieel aangedryf word. Die twee grade van vryheid wat met die bewegingsplatform geassosieer word, skep geougmenteerderealiteit-navigasie in ’n denkbeeldige omgewing. Die twee grade van vryheid wat met geougmenteerderealiteit-navigasie verband hou, laat die gebruiker in ’n denkbeeldige omgewing vooruitbeweeg terwyl hapties-dinamiese terugvoer ervaar word. Die geproduseerde hapties-dinamiese terugvoer vanaf die geougmenteerde navigasie is die gevolg van gesimuleerde gravitasiekrag en traagheidskragte soos dit in die werklikheid deur ’n gebruiker van ’n handgedrewe rolstoel ervaar sou word. Uit die bostaande is dit duidelik dat dit nodig is om behoorlike dinamiese modelle van handgedrewe rolstoele en die gebruikers daarvan op die bewegingsplatform met twee grade van vryheid te ontwikkel en te implementeer om ’n doeltreffende geougmenteerde hapties gesimuleerde omgewing te skep.
{"title":"Ontwikkeling van differensiële aandrywing met haptiese gebruikersterugvoer","authors":"FJ Boukila, Nicolene Renske Steyn, Karim D Djouani","doi":"10.36303/satnt.2021.40.1.807","DOIUrl":"https://doi.org/10.36303/satnt.2021.40.1.807","url":null,"abstract":"Hierdie artikel handel oor die modellering van ’n bewegingsplatform met twee grade van vryheid wat in ’n geougmenteerderealiteit-omgewing vir handgedrewe mobiliteithulpmiddels aangewend kan word. Die geougmenteerde bewegingsplatform dien as ’n evaluerings- of rehabilitasiehulpmiddel vir gebruikers met ’n gestremde onderste ledemaat en die handgedrewe mobiliteitshulpmiddel wat hulle gebruik. Hierdie handgedrewe mobiliteitshulpmiddel kan gesien word as ’n konvensionele handgedrewe rolstoel wat differensieel aangedryf word. Die twee grade van vryheid wat met die bewegingsplatform geassosieer word, skep geougmenteerderealiteit-navigasie in ’n denkbeeldige omgewing. Die twee grade van vryheid wat met geougmenteerderealiteit-navigasie verband hou, laat die gebruiker in ’n denkbeeldige omgewing vooruitbeweeg terwyl hapties-dinamiese terugvoer ervaar word. Die geproduseerde hapties-dinamiese terugvoer vanaf die geougmenteerde navigasie is die gevolg van gesimuleerde gravitasiekrag en traagheidskragte soos dit in die werklikheid deur ’n gebruiker van ’n handgedrewe rolstoel ervaar sou word. Uit die bostaande is dit duidelik dat dit nodig is om behoorlike dinamiese modelle van handgedrewe rolstoele en die gebruikers daarvan op die bewegingsplatform met twee grade van vryheid te ontwikkel en te implementeer om ’n doeltreffende geougmenteerde hapties gesimuleerde omgewing te skep.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"6 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2021-08-19","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"90409372","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Bepalers van watersekuriteit vir landelike huishoudings: Empiriese bewyse uit die Melanien Hamburg-gemeenskappe, Oos-Kaap, Suid-Afrika
Pub Date : 2021-07-27 DOI: 10.36303/satnt.2021.40.1.802
T. Ningi, A. Taruvinga, L. Zhou, S. Ngarava
Skoon en veilige water om te drink is noodsaaklik vir die mens se welstand. Die meeste mense in landelike gebiede het egter steeds nie toegang tot skoon en veilige water nie. Hierdie studie het die bepalers van die watersekuriteitsstatus vir landelike huishoudings uit die Melani-binnelandse en Hamburgse kusgemeenskappe in die Oos-Kaap Provinsie, Suid-Afrika, beraam. Die Waterarmoede Indeks (WPI) is gebruik om die watersekuriteitsstatus van huishoudings in die twee gemeenskappe te bereken, terwyl die Tobitregressiemodel gebruik is om die belangrikste faktore wat die huishoudelike watersekuriteitsstatus beïnvloed, te ondersoek. Die bevindings toon dat watersekuriteit in die studiegebiede verskraald is, hoofsaaklik as gevolg van die onbeskikbaarheid van waterbronne en die tyd wat daar geneem word om water in te samel. Die Tobit-regressie resultate het aan die lig gebring dat faktore soos die betaling vir water, die tipe toilet wat gebruik word, en die tyd wat spandeer word om water in te samel, huishoudings se watersekuriteit in die studiegebiede bepaal. Daarom beveel die artikel beleid aan wat die volgende verbeter: die bekostigbaarheid van water, toegang tot spoeltoilette wat nie met water werk nie, en om te verseker dat kraanwater op korter afstande beskikbaar is.
{"title":"Bepalers van watersekuriteit vir landelike huishoudings: Empiriese bewyse uit die Melanien Hamburg-gemeenskappe, Oos-Kaap, Suid-Afrika","authors":"T. Ningi, A. Taruvinga, L. Zhou, S. Ngarava","doi":"10.36303/satnt.2021.40.1.802","DOIUrl":"https://doi.org/10.36303/satnt.2021.40.1.802","url":null,"abstract":"Skoon en veilige water om te drink is noodsaaklik vir die mens se welstand. Die meeste mense in landelike gebiede het egter steeds nie toegang tot skoon en veilige water nie. Hierdie studie het die bepalers van die watersekuriteitsstatus vir landelike huishoudings uit die Melani-binnelandse en Hamburgse kusgemeenskappe in die Oos-Kaap Provinsie, Suid-Afrika, beraam. Die Waterarmoede Indeks (WPI) is gebruik om die watersekuriteitsstatus van huishoudings in die twee gemeenskappe te bereken, terwyl die Tobitregressiemodel gebruik is om die belangrikste faktore wat die huishoudelike watersekuriteitsstatus beïnvloed, te ondersoek. Die bevindings toon dat watersekuriteit in die studiegebiede verskraald is, hoofsaaklik as gevolg van die onbeskikbaarheid van waterbronne en die tyd wat daar geneem word om water in te samel. Die Tobit-regressie resultate het aan die lig gebring dat faktore soos die betaling vir water, die tipe toilet wat gebruik word, en die tyd wat spandeer word om water in te samel, huishoudings se watersekuriteit in die studiegebiede bepaal. Daarom beveel die artikel beleid aan wat die volgende verbeter: die bekostigbaarheid van water, toegang tot spoeltoilette wat nie met water werk nie, en om te verseker dat kraanwater op korter afstande beskikbaar is.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"83 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2021-07-27","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"74931822","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Oplosmiddelvrye-transformasie van bensielalkohol na bensaldehied oor koper- en sink-gemodifiseerde fosfomolibdeensuur-katalisators by kamertemperatuur
Pub Date : 2021-07-06 DOI: 10.36303/satnt.2021.40.1.842
J. Pedada, HB Friedrich, S. Singh
Koper- en sinkuitgeruilde heteropolisuurkatalisators is gesintetiseer en gekarakteriseer deur verskeie tegnieke soos X-straaldiffraksie (XSD), infrarooispektroskopie (IR), piridiengeadsorbeerde infrarooispektroskopie, BET oppervlakanalise, 31P KMR-spektroskopie en Induktief Gekoppelde Plasma Optiese Emissiespektroskopie (IGP-OES) om die fisieschemiese eienskappe daarvan te ondersoek. Poeier-X-straaldiffraktogramme het getoon dat kristalliete van die Keggin-ioon van die heteropolisuur teenwoordig was en dat dit behoue gebly het na metaalmodifikasie. Piridien-geadsorbeerde infrarooispektroskopie het aangedui dat die Brønsted/Lewis suurplekverhouding toegeneem het in die metaaluitgeruilde fosfomolibdeensuur-katalisators, terwyl daar ’n afname was in hierdie verhouding vir die gemodifiseerde fosfowolframsuurkatalisators. 31P NMR-spektra het getoon dat die metaal suksesvol met protone uitgeruil is en nie geïnkorporeer is in die primêre struktuur van heteropolisuurkatalisator nie; dus is die Keggin-ioon behou. In die oksidasie van bensielalkohol deur metaaluitgeruilde katalisators, het die Zn-uitgeruilde fosfomolibdeensuur-katalisators hoër oksidasie-aktiwiteit getoon wat goed gekorreleer het met die suurheid van die katalisators.
{"title":"Oplosmiddelvrye-transformasie van bensielalkohol na bensaldehied oor koper- en sink-gemodifiseerde fosfomolibdeensuur-katalisators by kamertemperatuur","authors":"J. Pedada, HB Friedrich, S. Singh","doi":"10.36303/satnt.2021.40.1.842","DOIUrl":"https://doi.org/10.36303/satnt.2021.40.1.842","url":null,"abstract":"Koper- en sinkuitgeruilde heteropolisuurkatalisators is gesintetiseer en gekarakteriseer deur verskeie tegnieke soos X-straaldiffraksie (XSD), infrarooispektroskopie (IR), piridiengeadsorbeerde infrarooispektroskopie, BET oppervlakanalise, 31P KMR-spektroskopie en Induktief Gekoppelde Plasma Optiese Emissiespektroskopie (IGP-OES) om die fisieschemiese eienskappe daarvan te ondersoek. Poeier-X-straaldiffraktogramme het getoon dat kristalliete van die Keggin-ioon van die heteropolisuur teenwoordig was en dat dit behoue gebly het na metaalmodifikasie. Piridien-geadsorbeerde infrarooispektroskopie het aangedui dat die Brønsted/Lewis suurplekverhouding toegeneem het in die metaaluitgeruilde fosfomolibdeensuur-katalisators, terwyl daar ’n afname was in hierdie verhouding vir die gemodifiseerde fosfowolframsuurkatalisators. 31P NMR-spektra het getoon dat die metaal suksesvol met protone uitgeruil is en nie geïnkorporeer is in die primêre struktuur van heteropolisuurkatalisator nie; dus is die Keggin-ioon behou. In die oksidasie van bensielalkohol deur metaaluitgeruilde katalisators, het die Zn-uitgeruilde fosfomolibdeensuur-katalisators hoër oksidasie-aktiwiteit getoon wat goed gekorreleer het met die suurheid van die katalisators.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"7 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2021-07-06","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"91372482","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Assessering van die onkruidspektrum en assosiasies daarvan met onderdrukkende verbouingstrategieë op George
Pub Date : 2021-06-28 DOI: 10.36303/satnt.2021.40.1.806
M. Ferreira, M. van der Rijst
Onkruide is een van die grootste produksie-knelpunte in gewasverbouing en kan oesopbrengs op grond van spesiesamestelling en digtheid beïnvloed. ’n Veldproef is van stapel gestuur om die samestelling van die onkruidspektrum te beoordeel en omgewingsvriendelike praktyke wat onkruide onderdruk, te evalueer. Die hoofdoel van hierdie studie was, eerstens, om die spesies-samestelling van die onkruidspektrum te bepaal sodat die bestaande oorvloedigheidsindeks bereken kon word, en tweedens, om assosiasies van die onkruidspektrum na behandeling met onderdrukkende verbouingstrategieë te bepaal. Onkruide is by elke bemonsteringspunt geïdentifiseer en die aantal individuele plante afsonderlik aangeteken. Hoofkomponent Analise is gebruik om aan te toon hoe behandelings in verband staan tot die onkruidspektrum. Onkruidspesies behorende aan 19 plantfamilies, is geïdentifiseer. Wintergras (Poa annua) was die volopste winteronkruid met ’n indekswaarde van 34.9. Geeluintjies (Cyperus esculentus) was die volopste someronkruid met ’n indekswaarde van 74.8. As someronkruid het knopkruid (Galinsoga parviflora) sterk assosiasies met sommige behandelings getoon. Verskeie behandelings het doeltreffende onderdrukking tot gevolg gehad waarmee geen winteronkruide assosiasies kon vorm nie. Hardnekkige en skadelike onkruidspesies kan deur nie-chemiese strategieë bestuur word deur die integrering van geen-bewerking, verbouing van smoorgewasse met ’n peulgewaskomponent, platsny van gewasse, en laasgenoemde op te volg deur fynkap van biomassa met ’n deklaagimplement. In die konteks van plaaslike toestande kan dit meer wenslike (lae kompeterende) onkruidspesies bevorder wat sodoende skadelike (hoog kompeterende) onkruidsoorte onderdruk.
{"title":"Assessering van die onkruidspektrum en assosiasies daarvan met onderdrukkende verbouingstrategieë op George","authors":"M. Ferreira, M. van der Rijst","doi":"10.36303/satnt.2021.40.1.806","DOIUrl":"https://doi.org/10.36303/satnt.2021.40.1.806","url":null,"abstract":"Onkruide is een van die grootste produksie-knelpunte in gewasverbouing en kan oesopbrengs op grond van spesiesamestelling en digtheid beïnvloed. ’n Veldproef is van stapel gestuur om die samestelling van die onkruidspektrum te beoordeel en omgewingsvriendelike praktyke wat onkruide onderdruk, te evalueer. Die hoofdoel van hierdie studie was, eerstens, om die spesies-samestelling van die onkruidspektrum te bepaal sodat die bestaande oorvloedigheidsindeks bereken kon word, en tweedens, om assosiasies van die onkruidspektrum na behandeling met onderdrukkende verbouingstrategieë te bepaal. Onkruide is by elke bemonsteringspunt geïdentifiseer en die aantal individuele plante afsonderlik aangeteken. Hoofkomponent Analise is gebruik om aan te toon hoe behandelings in verband staan tot die onkruidspektrum. Onkruidspesies behorende aan 19 plantfamilies, is geïdentifiseer. Wintergras (Poa annua) was die volopste winteronkruid met ’n indekswaarde van 34.9. Geeluintjies (Cyperus esculentus) was die volopste someronkruid met ’n indekswaarde van 74.8. As someronkruid het knopkruid (Galinsoga parviflora) sterk assosiasies met sommige behandelings getoon. Verskeie behandelings het doeltreffende onderdrukking tot gevolg gehad waarmee geen winteronkruide assosiasies kon vorm nie. Hardnekkige en skadelike onkruidspesies kan deur nie-chemiese strategieë bestuur word deur die integrering van geen-bewerking, verbouing van smoorgewasse met ’n peulgewaskomponent, platsny van gewasse, en laasgenoemde op te volg deur fynkap van biomassa met ’n deklaagimplement. In die konteks van plaaslike toestande kan dit meer wenslike (lae kompeterende) onkruidspesies bevorder wat sodoende skadelike (hoog kompeterende) onkruidsoorte onderdruk.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"70 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2021-06-28","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"79272031","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Goue jubileum van metrisering: 50 jaar sedert die jaart
Pub Date : 2021-05-31 DOI: 10.36303/satnt.2021.40.1.805
C. Vermeulen, J. Rossouw
Die Republiek van Suid-Afrika het op 1 April 1971 begin met die praktiese implementering van die omskakelingsproses vir die gebruik van die metrieke stelsel van volume, mates, massaeenhede, temperatuur en so meer. Met die aanvaarding van metrieke afstandmates en spoedmeting op 1 April 1971 is ‘n omskakelingstydperk van enkele jare ingelei. Die belangrike stap om afstand en spoed te metriseer het nie slegs Suid-Afrika op die pad na volle metrisering geplaas nie, maar het ook die proses baie sigbaar vir die publiek gemaak.Metrisering het die imperiale stelsel, wat voorheen in gebruik was, vervang. Mates soos jaart (tree) en voet is met meter en sentimeter vervang. Vir volume is liter, eerder as gelling en pint, in gebruik geneem en kilogram en gram, eerder as pond en ons, is as massaeenhede aanvaar. Celsius, eerder as Fahrenheit, is vir temperatuurmeting aanvaar. Die komma is ook aanvaar om desimale waardes aan te dui, teenoor die punt wat voorheen gebruik is. Die voordele van metrieke mates is die desimale grondslag waarop dit gegrond is en die standaardisering van eenhede wat internasionale handel bevorder.Hierdie artikel toon dat Suid-Afrika suksesvol was in die volledige afhandeling van metrisering, teenoor sekere ander lande wat die proses aangepak het maar tot dusver nooit volledig voltooi het nie, of selfs nie aangepak het nie. Hierdie artikel toon dat volledige afhandeling van metrisering die korrekte strategie is, soos in Suid Afrika die geval was.
{"title":"Goue jubileum van metrisering: 50 jaar sedert die jaart","authors":"C. Vermeulen, J. Rossouw","doi":"10.36303/satnt.2021.40.1.805","DOIUrl":"https://doi.org/10.36303/satnt.2021.40.1.805","url":null,"abstract":"Die Republiek van Suid-Afrika het op 1 April 1971 begin met die praktiese implementering van die omskakelingsproses vir die gebruik van die metrieke stelsel van volume, mates, massaeenhede, temperatuur en so meer. Met die aanvaarding van metrieke afstandmates en spoedmeting op 1 April 1971 is ‘n omskakelingstydperk van enkele jare ingelei. Die belangrike stap om afstand en spoed te metriseer het nie slegs Suid-Afrika op die pad na volle metrisering geplaas nie, maar het ook die proses baie sigbaar vir die publiek gemaak.\u0000\u0000Metrisering het die imperiale stelsel, wat voorheen in gebruik was, vervang. Mates soos jaart (tree) en voet is met meter en sentimeter vervang. Vir volume is liter, eerder as gelling en pint, in gebruik geneem en kilogram en gram, eerder as pond en ons, is as massaeenhede aanvaar. Celsius, eerder as Fahrenheit, is vir temperatuurmeting aanvaar. Die komma is ook aanvaar om desimale waardes aan te dui, teenoor die punt wat voorheen gebruik is. Die voordele van metrieke mates is die desimale grondslag waarop dit gegrond is en die standaardisering van eenhede wat internasionale handel bevorder.\u0000\u0000Hierdie artikel toon dat Suid-Afrika suksesvol was in die volledige afhandeling van metrisering, teenoor sekere ander lande wat die proses aangepak het maar tot dusver nooit volledig voltooi het nie, of selfs nie aangepak het nie. Hierdie artikel toon dat volledige afhandeling van metrisering die korrekte strategie is, soos in Suid Afrika die geval was.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"16 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2021-05-31","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"75833510","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Litium-ontginning uit Zimbabwiese petaliet met behulp van ammoniumbifluoried
Pub Date : 2021-04-19 DOI: 10.36303/satnt.2021.40.1.800
KT Mwepu, SJ Lubbe, P. Crouse
Hierdie studie behels die ontginning van gramhoeveelhede Li2CO3 uit Zimbabwiese petaliet, gemyn in die Bikita-gebied. Ekstraksie is gedoen met behulp van ammoniumbifluoried (ABF), vanaf kamertemperatuur tot 600oC. ABF-vertering vervang die konvensionele hoëtemperatuurproses vir die omsetting van die mineraal na β-spodumeen voor suurbehandeling. Die ABF-proses vind by verrassende lae temperature plaas – selfs by kamertemperatuur word floddervorming waargeem as gevolg van die water wat tydens die reaksie vorm. Onder die smeltpunt van ABF is die hoofreaksieprodukte LiF, AlF3, K2NaAlF6, en (NH4)2SiF6. (NH4)2SiF6 ontbind geredelik om ammoniak en gasagtige SiF4 te vorm. By laer temperature is die produkte kriolitioniet (Li3Na3Al2F12) and eukriptiet (LiAlSiO4). Die fluoriedhoudende vastestowwe is swak oplosbaar in water. Die mengsel moet met swawelsuur gerooster word, en daarna word die sulfate met water uitgeloog; 99% suiwer litiumkarbonaat word relatief maklik uit die waterige fase herwin.
{"title":"Litium-ontginning uit Zimbabwiese petaliet met behulp van ammoniumbifluoried","authors":"KT Mwepu, SJ Lubbe, P. Crouse","doi":"10.36303/satnt.2021.40.1.800","DOIUrl":"https://doi.org/10.36303/satnt.2021.40.1.800","url":null,"abstract":"Hierdie studie behels die ontginning van gramhoeveelhede Li2CO3 uit Zimbabwiese petaliet, gemyn in die Bikita-gebied. Ekstraksie is gedoen met behulp van ammoniumbifluoried (ABF), vanaf kamertemperatuur tot 600oC. ABF-vertering vervang die konvensionele hoëtemperatuurproses vir die omsetting van die mineraal na β-spodumeen voor suurbehandeling. Die ABF-proses vind by verrassende lae temperature plaas – selfs by kamertemperatuur word floddervorming waargeem as gevolg van die water wat tydens die reaksie vorm. Onder die smeltpunt van ABF is die hoofreaksieprodukte LiF, AlF3, K2NaAlF6, en (NH4)2SiF6. (NH4)2SiF6 ontbind geredelik om ammoniak en gasagtige SiF4 te vorm. By laer temperature is die produkte kriolitioniet (Li3Na3Al2F12) and eukriptiet (LiAlSiO4). Die fluoriedhoudende vastestowwe is swak oplosbaar in water. Die mengsel moet met swawelsuur gerooster word, en daarna word die sulfate met water uitgeloog; 99% suiwer litiumkarbonaat word relatief maklik uit die waterige fase herwin.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"49 2‐3","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2021-04-19","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"91416223","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
Nuwe spesie Cosmocerca Diesing, 1861 (Nematoda: Cosmocercidae) wat parasiteer op Kassina senegalensis Dumeril en Bibron, 1841 (Amfibie: Hyperoliidae) in Potchefstroom, Suid-Afrika
Pub Date : 2021-02-19 DOI: 10.36303/satnt.2020.39.1.815
Onlangse studies het getoon dat parasiete in die algemeen teen ’n hoër hoeveelheid voorkom en ’n hoër spesierykheid as hul gasheerspesies het. Dit geld ook vir nematode wat meer as 70% van die parasietgemeenskappe uitmaak. Dit bevestig parasitisme as die mees algemene lewenstyl op aarde. In onlangse tye toon parasiete selfs hoër spesierykheid en -veelheid, hoofsaaklik as gevolg van die verspreiding van gasheerspesies, indringing en menslike aktiwiteite. Op hierdie manier word lede van die familie Cosmocercidae wat meestal op Anura (paddas) parasiteer, wêreldwyd aangetref. Daar is gevind dat nematode een van die volopste groepe parasiete is, met ’n wye verskeidenheid van gashere, insluitend varswatervisse, amfibieë, reptiele, voëls en soogdiere. Spesies van Cosmocercidae word veral onderskei deur die verskille in die morfologie van die manlike geslagsorgane. Talle onakkurate beskrywings, herbeskrywings en sinonimisering van die opgetekende spesies saam met ’n gebrek aan molekulêre data, het tot baie onduidelikheid in die taksonomie van die groep gelei.
{"title":"Nuwe spesie Cosmocerca Diesing, 1861 (Nematoda: Cosmocercidae) wat parasiteer op Kassina senegalensis Dumeril en Bibron, 1841 (Amfibie: Hyperoliidae) in Potchefstroom, Suid-Afrika","authors":"","doi":"10.36303/satnt.2020.39.1.815","DOIUrl":"https://doi.org/10.36303/satnt.2020.39.1.815","url":null,"abstract":"Onlangse studies het getoon dat parasiete in die algemeen teen ’n hoër hoeveelheid voorkom en ’n hoër spesierykheid as hul gasheerspesies het. Dit geld ook vir nematode wat meer as 70% van die parasietgemeenskappe uitmaak. Dit bevestig parasitisme as die mees algemene lewenstyl op aarde. In onlangse tye toon parasiete selfs hoër spesierykheid en -veelheid, hoofsaaklik as gevolg van die verspreiding van gasheerspesies, indringing en menslike aktiwiteite. Op hierdie manier word lede van die familie Cosmocercidae wat meestal op Anura (paddas) parasiteer, wêreldwyd aangetref. Daar is gevind dat nematode een van die volopste groepe parasiete is, met ’n wye verskeidenheid van gashere, insluitend varswatervisse, amfibieë, reptiele, voëls en soogdiere. Spesies van Cosmocercidae word veral onderskei deur die verskille in die morfologie van die manlike geslagsorgane. Talle onakkurate beskrywings, herbeskrywings en sinonimisering van die opgetekende spesies saam met ’n gebrek aan molekulêre data, het tot baie onduidelikheid in die taksonomie van die groep gelei.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"54 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2021-02-19","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"89586499","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
引用次数: 0
期刊
Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie
全部 Acc. Chem. Res. ACS Applied Bio Materials ACS Appl. Electron. Mater. ACS Appl. Energy Mater. ACS Appl. Mater. Interfaces ACS Appl. Nano Mater. ACS Appl. Polym. Mater. ACS BIOMATER-SCI ENG ACS Catal. ACS Cent. Sci. ACS Chem. Biol. ACS Chemical Health & Safety ACS Chem. Neurosci. ACS Comb. Sci. ACS Earth Space Chem. ACS Energy Lett. ACS Infect. Dis. ACS Macro Lett. ACS Mater. Lett. ACS Med. Chem. Lett. ACS Nano ACS Omega ACS Photonics ACS Sens. ACS Sustainable Chem. Eng. ACS Synth. Biol. Anal. Chem. BIOCHEMISTRY-US Bioconjugate Chem. BIOMACROMOLECULES Chem. Res. Toxicol. Chem. Rev. Chem. Mater. CRYST GROWTH DES ENERG FUEL Environ. Sci. Technol. Environ. Sci. Technol. Lett. Eur. J. Inorg. Chem. IND ENG CHEM RES Inorg. Chem. J. Agric. Food. Chem. J. Chem. Eng. Data J. Chem. Educ. J. Chem. Inf. Model. J. Chem. Theory Comput. J. Med. Chem. J. Nat. Prod. J PROTEOME RES J. Am. Chem. Soc. LANGMUIR MACROMOLECULES Mol. Pharmaceutics Nano Lett. Org. Lett. ORG PROCESS RES DEV ORGANOMETALLICS J. Org. Chem. J. Phys. Chem. J. Phys. Chem. A J. Phys. Chem. B J. Phys. Chem. C J. Phys. Chem. Lett. Analyst Anal. Methods Biomater. Sci. Catal. Sci. Technol. Chem. Commun. Chem. Soc. Rev. CHEM EDUC RES PRACT CRYSTENGCOMM Dalton Trans. Energy Environ. Sci. ENVIRON SCI-NANO ENVIRON SCI-PROC IMP ENVIRON SCI-WAT RES Faraday Discuss. Food Funct. Green Chem. Inorg. Chem. Front. Integr. Biol. J. Anal. At. Spectrom. J. Mater. Chem. A J. Mater. Chem. B J. Mater. Chem. C Lab Chip Mater. Chem. Front. Mater. Horiz. MEDCHEMCOMM Metallomics Mol. Biosyst. Mol. Syst. Des. Eng. Nanoscale Nanoscale Horiz. Nat. Prod. Rep. New J. Chem. Org. Biomol. Chem. Org. Chem. Front. PHOTOCH PHOTOBIO SCI PCCP Polym. Chem.
×
引用
GB/T 7714-2015
复制
MLA
复制
APA
复制
导出至
BibTeX EndNote RefMan NoteFirst NoteExpress
×
0
微信
客服QQ
Book学术公众号 扫码关注我们
反馈
×
意见反馈
请填写您的意见或建议
请填写您的手机或邮箱
×
提示
您的信息不完整,为了账户安全,请先补充。
现在去补充
×
提示
您因"违规操作"
具体请查看互助需知
我知道了
×
提示
现在去查看 取消
×
提示
确定
Book学术官方微信
Book学术文献互助
Book学术文献互助群
群 号:481959085
Book学术
文献互助 智能选刊 最新文献 互助须知 联系我们:info@booksci.cn
Book学术提供免费学术资源搜索服务,方便国内外学者检索中英文文献。致力于提供最便捷和优质的服务体验。
Copyright © 2023 Book学术 All rights reserved.
ghs 京公网安备 11010802042870号 京ICP备2023020795号-1