Pub Date : 2020-03-03DOI: 10.36303/satnt.2019.38.1.767
Die Vaalrivier maak ’n belangrike bydrae tot die ekonomie en ekologie van Suid-Afrika. Verskeie antropogeniese aktiwiteite en selfs natuurlike prosesse kan besoedeling veroorsaak, wat ’n nadelige effek op die ekologie van dié varswatersisteem kan uitoefen. Bio-akkumulering van verskeie metale kom as gevolg van besoedeling in akwatiese sisteme voor en dit kan tot gesondheidsrisiko’s lei vir alle organismes wat op die waterbron staatmaak.
{"title":"Die verband tussen die teenwoordigheid van die visparasiet Lamproglena clariae op die skerptandbaber (Clarias gariepinus) en die waterkwaliteit en metaalkonsentrasies in die Vaalrivier, Suid-Afrika","authors":"","doi":"10.36303/satnt.2019.38.1.767","DOIUrl":"https://doi.org/10.36303/satnt.2019.38.1.767","url":null,"abstract":"Die Vaalrivier maak ’n belangrike bydrae tot die ekonomie en ekologie van Suid-Afrika. Verskeie antropogeniese aktiwiteite en selfs natuurlike prosesse kan besoedeling veroorsaak, wat ’n nadelige effek op die ekologie van dié varswatersisteem kan uitoefen. Bio-akkumulering van verskeie metale kom as gevolg van besoedeling in akwatiese sisteme voor en dit kan tot gesondheidsrisiko’s lei vir alle organismes wat op die waterbron staatmaak.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"35 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2020-03-03","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"86556253","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
Pub Date : 2019-09-09DOI: 10.36303/satnt.2019.38.1.715
Casey Ndanduleni, Zh. Huan
Hierdie artikel bied ’n oorsig van die tradisionele gebruik van faseveranderingsmateriaal (FVM) in verkoelingsvervoer. Die meerderheid faseveranderingsmateriale in bouwerk en konstruksie word vir ruimtelike verwarming en verkoeling, kweekhuis-verhitting, kook met sonkrag, en die berging van son-energie vir waterverhitting gebruik. Daar is egter ’n merkbare afwesigheid van literatuur oor die aanwending van faseveranderingsmateriaal vir gebruik om bevrore voedselprodukte te bewaar. Hierdie oorsig fokus op latente hittebewarings (LHB) materiale se gebruik in padvervoer by ’n lae temperatuur (sub-zero), en van die voordele vir die verkoeling van bederfbare voedsel oor kort- en lang-afstande. Die voordele van die gebruik van latente hitte-bewaringsmateriaal, eerder as ’n konvensionele meganiese verdampings-kompressiesisteem, word ondersoek met die klem op die omgewingsimpak en moontlike langtermyn nadele. Die studie fokus ook op die noodsaaklikheid om nuwe faseveranderingsmateriaal met hoë termiese siklusse en minimale degradering te ondersoek, ten einde die suksesvolle gebruik in verkoelingsvervoer oor die langtermyn te verseker. Kriteria vir die seleksie van toepaslike faseveranderingsmateriaal word opgesom, en ’n klassifikasie van faseveranderingsmateriaal, gebaseer op smelttemperature en latente warmte, word getabuleer. Faseveranderingsmateriaal en die oordrageienskappe daarvan is ontleed ten einde die eienskappe van faseveranderingsmateriaal op te som, en die akkuraatheid van elke navorsingstegniek word beoordeel op grond van soortgelyke studies wat deur ander navorsers publiseer is. Die faseveranderingsmateriaal wat in verkoelingsvervoer gebruik word, is empiries ontleed, en termiese-fi siese kriteria wat noodsaaklik is vir verskillende toepassings is ook onder die vergrootglas geplaas.
{"title":"Oorsig van faseveranderingsmateriaal vir sub-zero temperatuurtoepassings in verkoelingsvervoer","authors":"Casey Ndanduleni, Zh. Huan","doi":"10.36303/satnt.2019.38.1.715","DOIUrl":"https://doi.org/10.36303/satnt.2019.38.1.715","url":null,"abstract":"Hierdie artikel bied ’n oorsig van die tradisionele gebruik van faseveranderingsmateriaal (FVM) in verkoelingsvervoer. Die meerderheid faseveranderingsmateriale in bouwerk en konstruksie word vir ruimtelike verwarming en verkoeling, kweekhuis-verhitting, kook met sonkrag, en die berging van son-energie vir waterverhitting gebruik. Daar is egter ’n merkbare afwesigheid van literatuur oor die aanwending van faseveranderingsmateriaal vir gebruik om bevrore voedselprodukte te bewaar. Hierdie oorsig fokus op latente hittebewarings (LHB) materiale se gebruik in padvervoer by ’n lae temperatuur (sub-zero), en van die voordele vir die verkoeling van bederfbare voedsel oor kort- en lang-afstande. Die voordele van die gebruik van latente hitte-bewaringsmateriaal, eerder as ’n konvensionele meganiese verdampings-kompressiesisteem, word ondersoek met die klem op die omgewingsimpak en moontlike langtermyn nadele. Die studie fokus ook op die noodsaaklikheid om nuwe faseveranderingsmateriaal met hoë termiese siklusse en minimale degradering te ondersoek, ten einde die suksesvolle gebruik in verkoelingsvervoer oor die langtermyn te verseker. Kriteria vir die seleksie van toepaslike faseveranderingsmateriaal word opgesom, en ’n klassifikasie van faseveranderingsmateriaal, gebaseer op smelttemperature en latente warmte, word getabuleer. Faseveranderingsmateriaal en die oordrageienskappe daarvan is ontleed ten einde die eienskappe van faseveranderingsmateriaal op te som, en die akkuraatheid van elke navorsingstegniek word beoordeel op grond van soortgelyke studies wat deur ander navorsers publiseer is. Die faseveranderingsmateriaal wat in verkoelingsvervoer gebruik word, is empiries ontleed, en termiese-fi siese kriteria wat noodsaaklik is vir verskillende toepassings is ook onder die vergrootglas geplaas.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"100 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2019-09-09","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"73623194","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
Pub Date : 2019-04-11DOI: 10.36303/satnt.2019.38.1.680
Johan O. Nothling, JO Nöthling, Jan G Myburgh
Die waarde van hul leer stimuleer kommersiële boerdery met verskeie spesies van die Crocodilia. Oorlewings- en groeivermoë van krokodilbroeilinge hou verband met hul geboortemassa. Daar bestaan ’n positiewe verband tussen broeilinggrootte en eiergrootte van verskeie spesies van die Crocodilia. Krokodileiers se grootte word dikwels nie gemeet voordat hulle uitbroei nie. Die doel van hierdie studie was om ’n model te skep waarmee die volume van individuele Nylkrokodileiers geskat kan word nadat hulle uitgebroei het en die dop gebreek is, sodat die verband tussen eiervolume en broeilingmassa op ’n individuele basis bestudeer kan word sonder dat die grootte van eiers gemeet is voordat hulle uitbroei. Onvrugbare eiers is in sy-aansig gefotografeer, met een pool na onder en die ander na bo en ’n skaal op die vlak van fokus. Hul volume is met waterverplasing gemeet (verplasingsvolume). ’n Rekenaarprogram wat vir die doel geskryf is, is gebruik om die fotobeelde te meet. Die program het die eierbeeld regop gedraai en die posisie van die poolas bepaal sonder om die boonste pool se posisie in ag te neem. Die lengte van verskeie dwarsdeursnitte (loodreg op die poolas) is gemeet, en die volume van die eier bereken deur die funksie wat die horison van die eier op die poolas beskryf te integreer (berekende volume). Die beste modelle is bepaal om die berekende volume te skat deur gebruik te maak van inligting beperk tot verskillende afstande van die onderste pool in die rigting van die boonste te gebruik, en vir eiers met verskillende polariteit. Die modelle is daarna gebruik om die volumes van 138 eiers waarvan 15%, 20%, 25% en 30% van elke eierbeeld, van die boonste pool in die rigting van die onderste, gemaskeer is. Deur analise van die gemaskeerde fotobeelde kan die volume van eiers met volumes van 60 ml tot 135 ml met 95% vertroue binne 4.57 ml van die werklike voorspel word. Hierdie studie skep die moontlikheid om die volume van uitgebroeide Nylkrokodileiers te skat. Variasie in Nylkrokodille se geboortemassa van groter as 7.72% kan met 95% vertroue geïdentifi seer word vir broeilinge uit eiers met ’n geskatte volume van 60 ml, terwyl die presisie verbeter tot ’n variasie groter as 3.40% vir broeilinge uit eiers met ’n geskatte volume van 135 ml.
{"title":"’n Model om Nylkrokodileiers se volumes mee te skat nadat hulle uitgebroei het","authors":"Johan O. Nothling, JO Nöthling, Jan G Myburgh","doi":"10.36303/satnt.2019.38.1.680","DOIUrl":"https://doi.org/10.36303/satnt.2019.38.1.680","url":null,"abstract":"Die waarde van hul leer stimuleer kommersiële boerdery met verskeie spesies van die Crocodilia. Oorlewings- en groeivermoë van krokodilbroeilinge hou verband met hul geboortemassa. Daar bestaan ’n positiewe verband tussen broeilinggrootte en eiergrootte van verskeie spesies van die Crocodilia. Krokodileiers se grootte word dikwels nie gemeet voordat hulle uitbroei nie. Die doel van hierdie studie was om ’n model te skep waarmee die volume van individuele Nylkrokodileiers geskat kan word nadat hulle uitgebroei het en die dop gebreek is, sodat die verband tussen eiervolume en broeilingmassa op ’n individuele basis bestudeer kan word sonder dat die grootte van eiers gemeet is voordat hulle uitbroei.\u0000\u0000Onvrugbare eiers is in sy-aansig gefotografeer, met een pool na onder en die ander na bo en ’n skaal op die vlak van fokus. Hul volume is met waterverplasing gemeet (verplasingsvolume). ’n Rekenaarprogram wat vir die doel geskryf is, is gebruik om die fotobeelde te meet. Die program het die eierbeeld regop gedraai en die posisie van die poolas bepaal sonder om die boonste pool se posisie in ag te neem. Die lengte van verskeie dwarsdeursnitte (loodreg op die poolas) is gemeet, en die volume van die eier bereken deur die funksie wat die horison van die eier op die poolas beskryf te integreer (berekende volume). Die beste modelle is bepaal om die berekende volume te skat deur gebruik te maak van inligting beperk tot verskillende afstande van die onderste pool in die rigting van die boonste te gebruik, en vir eiers met verskillende polariteit. Die modelle is daarna gebruik om die volumes van 138 eiers waarvan 15%, 20%, 25% en 30% van elke eierbeeld, van die boonste pool in die rigting van die onderste, gemaskeer is.\u0000\u0000Deur analise van die gemaskeerde fotobeelde kan die volume van eiers met volumes van 60 ml tot 135 ml met 95% vertroue binne 4.57 ml van die werklike voorspel word. Hierdie studie skep die moontlikheid om die volume van uitgebroeide Nylkrokodileiers te skat. Variasie in Nylkrokodille se geboortemassa van groter as 7.72% kan met 95% vertroue geïdentifi seer word vir broeilinge uit eiers met ’n geskatte volume van 60 ml, terwyl die presisie verbeter tot ’n variasie groter as 3.40% vir broeilinge uit eiers met ’n geskatte volume van 135 ml.","PeriodicalId":22035,"journal":{"name":"Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie","volume":"11 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2019-04-11","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"88878462","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}