Pub Date : 2010-03-15DOI: 10.4314/JFECS.V28I1.52788
Spt Malan
Uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) word deur sommige as 'n paradigmaskuif in die onderwys gepropageer. Die doel van die artikel is om hierdie aanspraak toe te lig teen die agtergrond van veral vier onderrig- en leerbenaderings, naamlik doelwitgerigte onderrig, bevoegdheidsgebaseerde leer, bemeesteringsleer, en kriteriumgerigte onderrig en assessering. Teen die agtergrond van die voorgemelde benaderings word getoon dat UGO nie 'n paradigmaskuif meebring nie. UGO kan ten beste beskryf word as 'n eklektiese onderwysfilosofie wat op die beste elemente in hierdie onderwysbenaderings berus. Ooreenkomstig die behoeftes en eise wat aan 'n nuwe demokratiese Suid-Afrika gestel word, is die elemente egter in 'n visioenere raamwerk saamgevoeg om aan die land se mensekragbehoeftes en werkvereis - tes te voldoen. Daar is ook voordele aan UGO verbonde. Die belangrikste hiervan is die nasionale fokus op onderwys as 'n middel tot 'n doel en nie 'n doel op sigself nie. ‘n Behebtheid met toetse en eksamens word versag met behulp van deurlopende assessering, en die resultate van sodanige assessering word in ‘n remedierende hoedanigheid aangewend. Voorbereiding vir lewenslange leer word op die wyse 'n hoe prioriteit. Onderwyspraktisyns, leerders en ouers sal elkeen hul bepaalde rol moet speel om te verseker dat UGO 'n sukses is. Dit verg uiteraard harde werk en toewyding van diegene wat met onderwys en opleiding gemoeid is. Praktisyns moet daarop ingestel wees om onderrig- en leersituasies vaardig te beplan en te bestuur sodat die beoogde leeruitkomste ten beste realiseer. Vaardigheidsgebaseerde assessering in outentieke omstandighede moet die basis vir betroubare inligting van hoogstaande gehalte vorm. Die werklike waarde van UGO sal eers beoordeel kan word wanneer die eerste geslag leerders wat aan die UGO-stelsel blootgestel was die arbeidsmark betree of vir hoeronderwysopleiding aanmeld.
{"title":"The 'new paradigm' of outcomes-based education in perspective","authors":"Spt Malan","doi":"10.4314/JFECS.V28I1.52788","DOIUrl":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V28I1.52788","url":null,"abstract":"Uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) word deur \u0000sommige as 'n paradigmaskuif in die onderwys gepropageer. Die doel van die artikel is om hierdie \u0000aanspraak toe te lig teen die agtergrond van veral \u0000vier onderrig- en leerbenaderings, naamlik doelwitgerigte \u0000onderrig, bevoegdheidsgebaseerde leer, bemeesteringsleer, en kriteriumgerigte onderrig en assessering. Teen die agtergrond van die voorgemelde benaderings word getoon dat UGO nie 'n paradigmaskuif \u0000meebring nie. UGO kan ten beste beskryf word as 'n \u0000eklektiese onderwysfilosofie wat op die beste elemente \u0000in hierdie onderwysbenaderings berus. Ooreenkomstig \u0000die behoeftes en eise wat aan 'n nuwe \u0000demokratiese Suid-Afrika gestel word, is die elemente \u0000egter in 'n visioenere raamwerk saamgevoeg om \u0000aan die land se mensekragbehoeftes en werkvereis - \u0000tes te voldoen. Daar is ook voordele aan UGO verbonde. Die belangrikste hiervan is die nasionale fokus op onderwys as 'n middel tot 'n doel en nie 'n doel op sigself \u0000nie. ‘n Behebtheid met toetse en eksamens word \u0000versag met behulp van deurlopende assessering, en \u0000die resultate van sodanige assessering word in ‘n remedierende hoedanigheid aangewend. Voorbereiding \u0000vir lewenslange leer word op die wyse 'n hoe prioriteit. \u0000Onderwyspraktisyns, leerders en ouers sal elkeen \u0000hul bepaalde rol moet speel om te verseker dat UGO \u0000'n sukses is. Dit verg uiteraard harde werk en toewyding \u0000van diegene wat met onderwys en opleiding gemoeid \u0000is. Praktisyns moet daarop ingestel wees om \u0000onderrig- en leersituasies vaardig te beplan en te bestuur \u0000sodat die beoogde leeruitkomste ten beste realiseer. \u0000Vaardigheidsgebaseerde assessering in outentieke \u0000omstandighede moet die basis vir betroubare \u0000inligting van hoogstaande gehalte vorm. \u0000Die werklike waarde van UGO sal eers beoordeel \u0000kan word wanneer die eerste geslag leerders wat \u0000aan die UGO-stelsel blootgestel was die arbeidsmark \u0000betree of vir hoeronderwysopleiding aanmeld.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"2 1","pages":"22-28"},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2010-03-15","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"88848850","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
Pub Date : 2010-03-15DOI: 10.4314/JFECS.V29I1.52809
Anna-Marie Trollip
Die grondslae en ontwikkeling van 'n strategie vir die fasilitering van inkomstegenererende kunshandwerkprojekte in landelike gemeenskappe word kortliks uiteengesit. Die uiteensetting berus op gegewens wat verkry is tydens twee opeenvolgende fases van 'n navorsingsprojek in die Noordelike Provinsie van die Republiek van Suid-Afrika. Drie projekte wat sonder, en drie wat onder die leiding van een of meer fasiliteerders gefunksioneer het, is in die eerste fase van die navorsing bestudeer. Faktore wat doeltreffende funksionering inhibeer is geidentifiseer en die rol en funksie van projekfasiliteerders is ondersoek. 'n Aktiwiteitsmodel vir die fasilitering van inkomstegenererende projekte is op grond van die navorsingsresultate en aan die hand van die prestasiemodel van Blumberg en Pringle (1982; aangepas deur Robbins, 1993) ontwikkel. Gedurende die tweede fase van die navorsing is daar by die aktiwiteite van 'n inkomstegenererings - projek in die Winterveldt naby Pretoria ingeskakel. Die eerstehandse insig wat so verkry is, is gebruik om die voorgenoemde aktiwiteitsmodel te verfyn. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat 'n ontwikkelingstrategie voorsiening moet maak vir die ontwikkeling van menslike hulpbronne en dat die konteks waarbinne projekte funksioneer deurentyd in ag geneem moet word. Die doeltreffende funksionering van projekte word deur velerlei sosiokultu - rele en ander faktore geinhibeer. Dit is ook noodsaaklik dat daar van owerheidswee inligtings - en ander hulpstrukture geskep en in stand gehou moet word om mikro-ondernemings te ondersteun om winsgewend te funksioneer.
{"title":"The development of a strategy for the facilitation of income-generating projects in rural communities: an insider account","authors":"Anna-Marie Trollip","doi":"10.4314/JFECS.V29I1.52809","DOIUrl":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V29I1.52809","url":null,"abstract":"Die grondslae en ontwikkeling van 'n strategie vir \u0000die fasilitering van inkomstegenererende kunshandwerkprojekte in landelike gemeenskappe word kortliks uiteengesit. Die uiteensetting berus op gegewens \u0000wat verkry is tydens twee opeenvolgende fases \u0000van 'n navorsingsprojek in die Noordelike Provinsie \u0000van die Republiek van Suid-Afrika. Drie projekte \u0000wat sonder, en drie wat onder die leiding van \u0000een of meer fasiliteerders gefunksioneer het, is in \u0000die eerste fase van die navorsing bestudeer. Faktore \u0000wat doeltreffende funksionering inhibeer is geidentifiseer \u0000en die rol en funksie van projekfasiliteerders \u0000is ondersoek. 'n Aktiwiteitsmodel vir die fasilitering van inkomstegenererende projekte is op grond van die navorsingsresultate en aan die hand van die prestasiemodel van Blumberg en Pringle \u0000(1982; aangepas deur Robbins, 1993) ontwikkel. \u0000Gedurende die tweede fase van die navorsing is \u0000daar by die aktiwiteite van 'n inkomstegenererings - \u0000projek in die Winterveldt naby Pretoria ingeskakel. \u0000Die eerstehandse insig wat so verkry is, is gebruik \u0000om die voorgenoemde aktiwiteitsmodel te verfyn. \u0000Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat 'n ontwikkelingstrategie voorsiening moet maak vir die ontwikkeling van menslike hulpbronne en dat die \u0000konteks waarbinne projekte funksioneer deurentyd \u0000in ag geneem moet word. Die doeltreffende funksionering \u0000van projekte word deur velerlei sosiokultu - \u0000rele en ander faktore geinhibeer. Dit is ook noodsaaklik \u0000dat daar van owerheidswee inligtings - en \u0000ander hulpstrukture geskep en in stand gehou moet \u0000word om mikro-ondernemings te ondersteun om \u0000winsgewend te funksioneer.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"62 1","pages":"45-51"},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2010-03-15","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"88981476","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
Pub Date : 2010-03-15DOI: 10.4314/JFECS.V29I1.52811
Anna-Marie Trollip, Elizabeth Boshoff
Hierdie artikel berig oor die derde fase van en studie vir die ontwikkeling van en strategie vir die fasilitering van projekte wat poog om inkomste te genereer deur hoofsaaklik handvervaardigde goedere te produseer. Die artikel word ook aangebied as en voorbeeld vir deelnemende ontwikkeling (participatory development). Die volgende doelstellings is vir hierdie fase van die studie gestel: . Om die aannames van die aktiwiteitsmodel (Trollip, 2001) te toets en te verfyn vir toepassing in opleidingsprogramme vir inkomstegenereringsprojekte . Om PLA-metodes (plan, leer en aksie-metodes) te toets om onafhanklikheid te bevorder en ontwikkeling te fasiliteer . Om die rolspelers bewus te maak van probleme rondom inkomste-genereringsprojekte en hulle by die ontwikkeling van en ondersteuningstruktuur vir hierdie tipe projekte te betrek. en Groep vroue in die omgewing van die Tswaing Krater-museum wat die behoefte uitgespreek het om inkomste te genereer deur kunshandwerkartikels te produseer, het aan die studie deelgeneem. Die omstandighede / konteks van die vroue was tipies van baie agtergeblewe vroue in die noorde van Suid-Afrika. Hulle woon in en gebied sonder water en elektrisiteit, vervoer is beskikbaar maar duur, die gemiddelde geletterdheidsvlak is laag, en veral die ouer en minder geletterde vroue handhaaf nog in en mate die gebruike van en eie kultuur. Tydens dialoog en waarnemeing is behoeftes bepaal. Met behulp van deelnemende waarnemingsmetodes soos dialoog, rolspel, selfleer in werklike situasies, nadoen en uittoets is die groep gefasiliteer om en inkomste-generingsprojek aan te pak. Die aannames en aktiwitieite wat in Trollip (2001) se aktiwiteitsmodel uiteengesit is, het die studie gerig. Hoewel die konteks van verskillende groepe of projekte waarskynlik sal verskil, blyk dit uit die sukses wat met hierdie projek behaal is dat die aktiwiteitsmodel toepassingsmoontlikhede het. Daar word beoog om die model in die volgende fase van die studie in en programraamwerk te formuleer. Die raamwerk kan dan aangewend word om soortgelyke studies te rig en as grondslag vir impakstudies te dien.
{"title":"Income-generating projects in rural communities: from theory to practice - a personal report","authors":"Anna-Marie Trollip, Elizabeth Boshoff","doi":"10.4314/JFECS.V29I1.52811","DOIUrl":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V29I1.52811","url":null,"abstract":"Hierdie artikel berig oor die derde fase van en studie \u0000vir die ontwikkeling van en strategie vir die fasilitering \u0000van projekte wat poog om inkomste te genereer \u0000deur hoofsaaklik handvervaardigde goedere te \u0000produseer. Die artikel word ook aangebied as en \u0000voorbeeld vir deelnemende ontwikkeling \u0000(participatory development). Die volgende doelstellings is vir hierdie fase van die studie gestel: \u0000. Om die aannames van die aktiwiteitsmodel \u0000(Trollip, 2001) te toets en te verfyn vir toepassing \u0000in opleidingsprogramme vir inkomstegenereringsprojekte \u0000. Om PLA-metodes (plan, leer en aksie-metodes) \u0000te toets om onafhanklikheid te bevorder en ontwikkeling \u0000te fasiliteer . Om die rolspelers bewus te maak van probleme rondom inkomste-genereringsprojekte en hulle \u0000by die ontwikkeling van en ondersteuningstruktuur \u0000vir hierdie tipe projekte te betrek. en Groep vroue in die omgewing van die Tswaing Krater-museum wat die behoefte uitgespreek het om inkomste te genereer deur kunshandwerkartikels te produseer, het aan die studie deelgeneem. Die omstandighede / konteks van die vroue was tipies van baie agtergeblewe vroue in die noorde van \u0000Suid-Afrika. Hulle woon in en gebied sonder water \u0000en elektrisiteit, vervoer is beskikbaar maar duur, die \u0000gemiddelde geletterdheidsvlak is laag, en veral die \u0000ouer en minder geletterde vroue handhaaf nog in en \u0000mate die gebruike van en eie kultuur. \u0000Tydens dialoog en waarnemeing is behoeftes bepaal. \u0000Met behulp van deelnemende waarnemingsmetodes \u0000soos dialoog, rolspel, selfleer in werklike \u0000situasies, nadoen en uittoets is die groep gefasiliteer \u0000om en inkomste-generingsprojek aan te pak. \u0000Die aannames en aktiwitieite wat in Trollip (2001) \u0000se aktiwiteitsmodel uiteengesit is, het die studie gerig. \u0000Hoewel die konteks van verskillende groepe of projekte \u0000waarskynlik sal verskil, blyk dit uit die sukses \u0000wat met hierdie projek behaal is dat die aktiwiteitsmodel \u0000toepassingsmoontlikhede het. Daar word \u0000beoog om die model in die volgende fase van die \u0000studie in en programraamwerk te formuleer. Die \u0000raamwerk kan dan aangewend word om soortgelyke \u0000studies te rig en as grondslag vir impakstudies \u0000te dien.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"77 1","pages":"52-59"},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2010-03-15","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"76601276","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
Pub Date : 2010-03-15DOI: 10.4314/JFECS.V31I1.52836
E. North, P. Mostert, P. J. Plessis
Meeste outeurs wat oor verbruikersbesluitneming skryf, impliseer dat die verbruiker se besluit om 'n sekere produk of diens te koop ook insluit waar of by watter afsetpunt gekoop sal word. Weinig inligting is beskikbaar insake die faktore wat 'n invloed kan he op die verbruiker se besluit om eerder die produk of diens oor die Internet as by 'n tradisionele afsetpunt te koop. Die doel van hierdie artikel is om die resultate weer te gee van 'n studie waarin Suid- Afrikaanse verbruikers aandui watter faktore hulle in ag neem wanneer oorweeg word om aankope oor die Internet te doen. Die resultate van die studie toon dat die volgende aspekte vir verbruikers van belang is wanneer die Internet as 'n afsetpunt oorweeg word: die aankoopsituasie (wat onder andere die produk self en die prys insluit); besorgheid oor sekuriteit; en die gemak en gerief om van die huis af aankope te kan doen.
{"title":"Cybershopping: concerns of the South African consumer","authors":"E. North, P. Mostert, P. J. Plessis","doi":"10.4314/JFECS.V31I1.52836","DOIUrl":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V31I1.52836","url":null,"abstract":"Meeste outeurs wat oor verbruikersbesluitneming skryf, impliseer dat die verbruiker se besluit om 'n sekere produk of diens te koop ook insluit waar of by watter afsetpunt gekoop sal word. Weinig inligting is beskikbaar insake die faktore wat 'n invloed kan he op die verbruiker se besluit om eerder die produk of diens oor die Internet as by 'n tradisionele afsetpunt te koop. Die doel van hierdie artikel is om die resultate weer te gee van 'n studie waarin Suid- Afrikaanse verbruikers aandui watter faktore hulle in ag neem wanneer oorweeg word om aankope oor die Internet te doen. Die resultate van die studie toon dat die volgende aspekte vir verbruikers van belang is wanneer die Internet as 'n afsetpunt oorweeg word: die aankoopsituasie (wat onder andere die produk self en die prys insluit); besorgheid oor sekuriteit; en die gemak en gerief om van die huis af aankope te kan doen.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"31 1","pages":"58-66"},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2010-03-15","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"87105352","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
Pub Date : 2010-03-15DOI: 10.4314/JFECS.V29I1.52807
L. Viljoen
Die Witskrif in 1995 van die Departement van Handel en Nywerheid oor ‘n nasionale strategie vir die ontwikkeling en bevordering van klein ondernemings in Suid-Afrika het spesiale melding gemaak van die bevordering en bemagtiging van vroue in alle bedryfsektore. Klein ondernemings bied aan vroue toegang tot ekonomiese geleenthede by wyse van entrepreneurskap en indiensneming. Die klem op die ontwikkeling van vroulike entrepreneurs was waarskynlik ‘n poging om die wanbalans tussen die geslagte en die besit van besighede reg te stel asook om die probleem van werkloosheid in Suid-Afrika aan te spreek. Die vraag ontstaan of die posisie van vroulike entrepreneurs met betrekking tot finansiering, konsultasie, opleiding en die verskaffing van infrastruktuur enigsins na die verskyning van die Witskrif verander het. ‘n Delphi-ondersoek is onder kenners omtrent die ontwikkeling van vroulike entrepreneurs in Suid-Afrika uitgevoer om hulle siening van steun aan vroue-entrepreneurs voor en na 1995 te bepaal. Hoewel daar steeds struikelblokke in die weg van vroue se toetrede tot die besigheidswereld bestaan, was die meeste respondente in die Delphi-ondersoek van mening dat die posisie van vroue-entrepreneurs verbeter het.
{"title":"Support for female entrepreneurs in South Africa: Improvement or decline?","authors":"L. Viljoen","doi":"10.4314/JFECS.V29I1.52807","DOIUrl":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V29I1.52807","url":null,"abstract":"Die Witskrif in 1995 van die Departement van Handel \u0000en Nywerheid oor ‘n nasionale strategie vir die \u0000ontwikkeling en bevordering van klein ondernemings \u0000in Suid-Afrika het spesiale melding gemaak van die bevordering en bemagtiging van vroue in alle \u0000bedryfsektore. Klein ondernemings bied aan \u0000vroue toegang tot ekonomiese geleenthede by wyse \u0000van entrepreneurskap en indiensneming. Die \u0000klem op die ontwikkeling van vroulike entrepreneurs \u0000was waarskynlik ‘n poging om die wanbalans tussen \u0000die geslagte en die besit van besighede reg te \u0000stel asook om die probleem van werkloosheid in \u0000Suid-Afrika aan te spreek. Die vraag ontstaan of die posisie van vroulike entrepreneurs met betrekking tot finansiering, konsultasie, opleiding en die verskaffing van infrastruktuur enigsins na die verskyning van die Witskrif verander het. ‘n Delphi-ondersoek is onder kenners omtrent die ontwikkeling van vroulike entrepreneurs in Suid-Afrika uitgevoer om hulle siening van steun aan \u0000vroue-entrepreneurs voor en na 1995 te bepaal. \u0000Hoewel daar steeds struikelblokke in die weg van \u0000vroue se toetrede tot die besigheidswereld bestaan, \u0000was die meeste respondente in die Delphi-ondersoek \u0000van mening dat die posisie van vroue-entrepreneurs \u0000verbeter het.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"20 1","pages":"37-44"},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2010-03-15","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"73504325","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
Pub Date : 2010-03-15DOI: 10.4314/JFECS.V33I1.52872
N. Sonnenberg, Alet C. Erasmus
Te midde van toenemende belangstelling in interieuromgewings en die gevolglike gebruik van besittings om lewenstyl te reflekteer, kon min inligting gevind word wat lig werp op verbruikers se keuseprosesse ten opsigte van interieurprodukte. Belangstelling in hierdie produkkategorie spruit uit die besondere estetiese waarde daarvan en die moontlikheid dat hierdie produkte doelbewus gekies kan word soos wat in die simboliese interaksionisme aangevoer word – om die selfbeeld van ‘n verbruiker te projekteer (Hawkins et al, 2001:429). Daarby moet die produkte ook aan sekere kriteria voldoen om optimaal te funksioneer tydens gebruik. Bewys dat winkelen handelsmerkbeeld oenskynlik gebruik word om verbruikersbesluite te rig, veral ten opsigte van visueel opvallende produkte (YounKyung & Seunghae 2000:58), kan belangrike implikasies vir verbruikers se kritiese bewustheid van produkeienskappe inhou. Hierdie navorsing het ten doel gehad om ‘n bydrae tot die teorie, spesifiek wat die verstaan van verbruikers se aankoopgedrag ten opsigte van ‘n spesifieke kategorie interieurprodukte, te maak. Hierdie produkte is geidentifiseer as voorbeeld van visueel opvallende produkte. Implikasies vir die handel in terme van verbruikersfasilitering en gevolge in terme van verantwoordelike, ingeligte verbruikersbesluitneming, is geidentifiseer.
{"title":"An exploratory investigation into the role of extrinsic factors in consumer decision-making for interior soft furnishings","authors":"N. Sonnenberg, Alet C. Erasmus","doi":"10.4314/JFECS.V33I1.52872","DOIUrl":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V33I1.52872","url":null,"abstract":"Te midde van toenemende belangstelling in interieuromgewings en die gevolglike gebruik van besittings om lewenstyl te reflekteer, kon min inligting gevind word wat lig werp op verbruikers se keuseprosesse ten opsigte van interieurprodukte. Belangstelling in hierdie produkkategorie spruit uit die besondere estetiese waarde daarvan en die moontlikheid dat hierdie produkte doelbewus gekies kan word soos wat in die simboliese interaksionisme aangevoer word – om die selfbeeld van ‘n verbruiker te projekteer (Hawkins et al, 2001:429). Daarby moet die produkte ook aan sekere kriteria voldoen om optimaal te funksioneer tydens gebruik. Bewys dat winkelen handelsmerkbeeld oenskynlik gebruik word om verbruikersbesluite te rig, veral ten opsigte van visueel opvallende produkte (YounKyung & Seunghae 2000:58), kan belangrike implikasies vir verbruikers se kritiese bewustheid van produkeienskappe inhou. Hierdie navorsing het ten doel gehad om ‘n bydrae tot die teorie, spesifiek wat die verstaan van verbruikers se aankoopgedrag ten opsigte van ‘n spesifieke kategorie interieurprodukte, te maak. Hierdie produkte is geidentifiseer as voorbeeld van visueel opvallende produkte. Implikasies vir die handel in terme van verbruikersfasilitering en gevolge in terme van verantwoordelike, ingeligte verbruikersbesluitneming, is geidentifiseer.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"29 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2010-03-15","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"82291093","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
Pub Date : 2010-03-15DOI: 10.4314/JFECS.V28I1.52792
N. Webb
‘n Groot deel van die literatuur wat oor voedseltuine [food-gardens] handel, beweer dat daar ‘n noue verwantskap tussen groenteproduksie en voeding bestaan. Op grond van ‘n kort literatuurbeskouing en ‘n beoordeling van drie gevallestudies, word die bogenoemde verwantskap bevraagteken. Die eerste gevallestudie, wat beweer het dat daar ‘n beduidende verwantskap tussen stedelike landbou en huishoudelike voeding bestaan, is as analities swak beskou. Spesifieke swakhede sluit die volgende in: die grootte en die samestelling van die steekproef, die hoe waarskynlikheid dat eksterne faktore die bevindinge beinvloed het en die swak formulering van die verbande tussen voeding en groenteverbruik. In die bespreking van die tweede gevallestudie word die geldigheid van die positiewe beskouings (uitgespreek deur die betrokke kwekers) oor die rol van groente in ‘n gesonde dieet bevraagteken. Groenteverbruik was onreelmatig en die gemiddelde groenteverbruiksvlakke laag. Die bevindinge van die derde gevallestudie het aangedui dat daar onbeduiende verskille is tussen die voedingstatus van kinders van groentekwekers en diegene wat nie groente kweek nie. Die hoof bydraende faktor tot hierdie bevinding was die lae groenteverbruik van albei groepe. Die doel van hierdie artikel is nie om die moontlike rol van groentekwekery by die verbetering van voedingstatus te minimaliseer nie. Dit dring eerder daarop aan dat hierdie rol duidelik vasgestel moet word.
{"title":"Food-gardens and nutrition: Three Southern African case studies","authors":"N. Webb","doi":"10.4314/JFECS.V28I1.52792","DOIUrl":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V28I1.52792","url":null,"abstract":"‘n Groot deel van die literatuur wat oor voedseltuine \u0000[food-gardens] handel, beweer dat daar ‘n noue \u0000verwantskap tussen groenteproduksie en voeding \u0000bestaan. Op grond van ‘n kort literatuurbeskouing \u0000en ‘n beoordeling van drie gevallestudies, word die \u0000bogenoemde verwantskap bevraagteken. Die eerste gevallestudie, wat beweer het dat daar ‘n beduidende verwantskap tussen stedelike landbou en huishoudelike voeding bestaan, is as analities swak beskou. Spesifieke swakhede sluit die volgende in: die grootte en die samestelling van die steekproef, die hoe waarskynlikheid dat eksterne faktore die bevindinge beinvloed het en die swak formulering van die verbande tussen voeding en \u0000groenteverbruik. In die bespreking van die tweede \u0000gevallestudie word die geldigheid van die positiewe \u0000beskouings (uitgespreek deur die betrokke \u0000kwekers) oor die rol van groente in ‘n gesonde dieet \u0000bevraagteken. Groenteverbruik was onreelmatig \u0000en die gemiddelde groenteverbruiksvlakke laag. \u0000Die bevindinge van die derde gevallestudie het \u0000aangedui dat daar onbeduiende verskille is tussen \u0000die voedingstatus van kinders van groentekwekers \u0000en diegene wat nie groente kweek nie. Die hoof \u0000bydraende faktor tot hierdie bevinding was die lae \u0000groenteverbruik van albei groepe. Die doel van hierdie artikel is nie om die moontlike rol van groentekwekery by die verbetering van voedingstatus te minimaliseer nie. Dit dring eerder daarop aan dat hierdie rol duidelik vasgestel moet word.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"1 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2010-03-15","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"91397793","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
Pub Date : 2010-03-15DOI: 10.4314/JFECS.V27I2.52774
D. L. Viljoen, M. Muller, J. Swardt, A. Sadie, M. Vosloo
Die doel van die studie was om ‘n kontrolestelsel te ontwikkel wat die gemiddelde oondtemperatuur van twee konvensionele elektriese oonde beheer, en om te bepaal of die kontrolestelsel tussen en binne oonde vergelykbare en herhaalbare resultate lewer betreffende gemiddelde oondtemperatuur en die kleur, vogverlies, hoogte en tekstuur van kleinkoekies en laagkoeke soos bepaal deur objektiewe meetinstrumente. Geen betekenisvolle verskil is gevind tussen en binne behandelings wat die gemiddelde oondtemperatuur en die meeste produkeienskappe betref nie. Hierdie beheerstelsel kan dus vir voedselnavorsing aanbeveel word. Dit verbeter temperatuurbeheer binne en tussen konvensionele elektriese oonde en kan ‘n sinvolle bydrae tot eksperimentering in voedselnavorsing lewer waar konstantheid tydens die herhaling van behandelings van kardinale belang vir betroubare resultate is.
{"title":"The development and testing of a computerised temperature control system in conventional electric ovens","authors":"D. L. Viljoen, M. Muller, J. Swardt, A. Sadie, M. Vosloo","doi":"10.4314/JFECS.V27I2.52774","DOIUrl":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V27I2.52774","url":null,"abstract":"Die doel van die studie was om ‘n kontrolestelsel \u0000te ontwikkel wat die gemiddelde oondtemperatuur \u0000van twee konvensionele elektriese oonde beheer, en om te bepaal of die kontrolestelsel tussen en binne oonde vergelykbare en herhaalbare resultate lewer betreffende \u0000gemiddelde oondtemperatuur en die kleur, vogverlies, \u0000hoogte en tekstuur van kleinkoekies en laagkoeke soos bepaal deur objektiewe meetinstrumente. Geen betekenisvolle verskil is gevind tussen en binne behandelings wat die gemiddelde oondtemperatuur en die meeste produkeienskappe betref nie. \u0000Hierdie beheerstelsel kan dus vir voedselnavorsing aanbeveel word. Dit verbeter temperatuurbeheer \u0000binne en tussen konvensionele elektriese oonde en kan ‘n sinvolle bydrae tot eksperimentering in voedselnavorsing lewer waar konstantheid tydens die herhaling van behandelings van kardinale belang vir betroubare resultate is.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"15 1","pages":""},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2010-03-15","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"75242083","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
Pub Date : 2010-03-15DOI: 10.4314/JFECS.V28I1.52783
Johannes Christoffel Cronje, S. Blignaut
Die reaksie van huishoudkundeleerders tydens ‘n interaktiewe televisie-uitsending word in hierdie artikel onder die loep geneem. Drie aspekte, naamlik die vlak van interaksie tydens die uitsending, gelyk tydigheid en simmetrie, is tydens hierdie gevallestudie bestudeer. Tydens interaktiewe televisie-uitsendings kan interaksie varieer van definisioneel-fisiese interaksie tot volle interaksie met al die betrokke partye. Ge lyk tydigheid kan varieer van direkte interaksie tussen die leerders en die aanbieder tot vooraf opgeneemde uitsendings en terugvoer per pos aan leerders. Simmetrie, daarenteen, wissel van volledig simmetriese videokonferensies tot die pos van voorafvervaardigde videobande met onderrigmateriaal op papier en skriftelike terugvoer. Hierdie studie het bevind dat alhoewel die leerders verkies het om saam met medeleerders na die televisie-uitsending te kyk, hulle min behoefte uitgespreek het om direk met die aanbieder (dosent) te kommunikeer. Dit wil voorkom asof hulle gelyktydige kommunikasie belangrik ag aangesien hulle eerder met hulle medeleerders in interaksie wou tree as met die aanbieder. Die leerders het ook voorkeur aan voorafvervaardigde videobande gegee, veral met die oog op voorbereiding vir eksamens en die uitvoer van opdragte. Die leerders het ‘n lewendige televisie-uitsending as onnodig beskou, sou graag in telefoniese verbinding met die aanbieder wou tree (asimmetriese kommunikasie), maar wanneer dit hulle pas, eerder as byvoorbeeld tydens of direk na ‘n uitsending. Daar was weinig voorkeur vir ander kommunikasiewyses soos fakse en elektroniese pos.
{"title":"Interactive television revisited: a case study in home economics","authors":"Johannes Christoffel Cronje, S. Blignaut","doi":"10.4314/JFECS.V28I1.52783","DOIUrl":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V28I1.52783","url":null,"abstract":"Die reaksie van huishoudkundeleerders tydens ‘n interaktiewe televisie-uitsending word in hierdie artikel \u0000onder die loep geneem. Drie aspekte, naamlik die \u0000vlak van interaksie tydens die uitsending, gelyk tydigheid \u0000en simmetrie, is tydens hierdie gevallestudie \u0000bestudeer. Tydens interaktiewe televisie-uitsendings kan interaksie varieer van definisioneel-fisiese interaksie tot \u0000volle interaksie met al die betrokke partye. Ge lyk tydigheid kan varieer van direkte interaksie tussen die \u0000leerders en die aanbieder tot vooraf opgeneemde \u0000uitsendings en terugvoer per pos aan leerders. Simmetrie, \u0000daarenteen, wissel van volledig simmetriese \u0000videokonferensies tot die pos van voorafvervaardigde \u0000videobande met onderrigmateriaal op papier en \u0000skriftelike terugvoer. Hierdie studie het bevind dat alhoewel die leerders verkies het om saam met medeleerders na die televisie-uitsending te kyk, hulle min behoefte uitgespreek het om direk met die aanbieder (dosent) te kommunikeer. Dit wil voorkom asof hulle \u0000gelyktydige kommunikasie belangrik ag aangesien \u0000hulle eerder met hulle medeleerders in interaksie \u0000wou tree as met die aanbieder. Die leerders het ook \u0000voorkeur aan voorafvervaardigde videobande gegee, \u0000veral met die oog op voorbereiding vir eksamens en \u0000die uitvoer van opdragte. Die leerders het ‘n \u0000lewendige televisie-uitsending as onnodig beskou, \u0000sou graag in telefoniese verbinding met die \u0000aanbieder wou tree (asimmetriese kommunikasie), \u0000maar wanneer dit hulle pas, eerder as byvoorbeeld \u0000tydens of direk na ‘n uitsending. Daar was weinig \u0000voorkeur vir ander kommunikasiewyses soos fakse \u0000en elektroniese pos.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"41 1","pages":"16-21"},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2010-03-15","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"74448353","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}
Pub Date : 2010-03-15DOI: 10.4314/JFECS.V29I1.52797
S. Donaldson, Elizabeth Boshoff
OPSOMMING Hierdie artikel fokus op die skakelings tussen huishoudings in drie vorige tuislanddorpe in die omgewing van Pietersburg en Pietersburg as sentrale gebied. Die ondersoek is vanuit ‘n stedelik-geografiese oogpunt gedoen. Inligting oor die skakelings is in die lig van ‘n huishoudelike hulpmiddelbestuursraamwerk vertolk om die gevolge daarvan vir hulpmiddelbestuur in die huishoudings in die drie dorpe te ontleed. Volgens die huishoudelike hulpmiddelbestuursraamwerk is huishoudings in interaksie met hul mikroomgewings asook met die wyer omgewing. Hierdie interaksie van die huishoudings met hul fisiese en sosiale mikroomgewings is kortliks ondersoek deur die huishoudings se voo rkeur vir die dorpe waar hulle woon te ondersoek. Interaksies tussen die huishoudings en die politieke en ekonomiese subsisteme in die samelewing is ook ondersoek deur die skakelings wat die huishoudings met Pietersburg en die drie vorige tuislanddorpe het, die plek waar hulle werk, waar hulle inkopies doen en van finansiele dienste gebruik maak, waar die kinders skoolgaan en waar hulle aan ontspanningsaktiwiteite deelneem, te bestudeer. Die vertolking van die stedelik-geografiese inligting en die implikasies daarvan vir hulpmiddelbestuur in hierdie huishoudings het daarop gedui dat samewerking tussen stedelike geograwe en verbruikers wetenskaplikes vrugbaar kan wees mits aan sekere detail aandag geskenk word wanneer die navorsing beplan word. Meer besonderhede oor die implikasies van die skakeling tussen huishoudings en hul omgewings kan vanuit die stanspoor ingewin word sodat die gevolge van die skakeling ten opsigte van die huishoudings se hulpmiddelbestuur dieper insigte tot gevolg kan he.
{"title":"Household linkages in dispersed settlement around Pietersburg and implications for household resources management","authors":"S. Donaldson, Elizabeth Boshoff","doi":"10.4314/JFECS.V29I1.52797","DOIUrl":"https://doi.org/10.4314/JFECS.V29I1.52797","url":null,"abstract":"OPSOMMING Hierdie artikel fokus op die skakelings tussen huishoudings in drie vorige tuislanddorpe in die omgewing van Pietersburg en Pietersburg as sentrale gebied. Die ondersoek is vanuit ‘n stedelik-geografiese oogpunt gedoen. Inligting oor die skakelings is in die lig van ‘n huishoudelike hulpmiddelbestuursraamwerk vertolk om die gevolge daarvan vir hulpmiddelbestuur in die huishoudings in die drie dorpe te ontleed. Volgens die huishoudelike hulpmiddelbestuursraamwerk is huishoudings in interaksie met hul mikroomgewings asook met die wyer omgewing. Hierdie interaksie van die huishoudings met hul fisiese en sosiale mikroomgewings is kortliks ondersoek deur die huishoudings se voo rkeur vir die dorpe waar hulle woon te ondersoek. Interaksies tussen die huishoudings en die politieke en ekonomiese subsisteme in die samelewing is ook ondersoek deur die skakelings wat die huishoudings met Pietersburg en die drie vorige tuislanddorpe het, die plek waar hulle werk, waar hulle inkopies doen en van finansiele dienste gebruik maak, waar die kinders skoolgaan en waar hulle aan ontspanningsaktiwiteite deelneem, te bestudeer. Die vertolking van die stedelik-geografiese inligting en die implikasies daarvan vir hulpmiddelbestuur in hierdie huishoudings het daarop gedui dat samewerking tussen stedelike geograwe en verbruikers wetenskaplikes vrugbaar kan wees mits aan sekere detail aandag geskenk word wanneer die navorsing beplan word. Meer besonderhede oor die implikasies van die skakeling tussen huishoudings en hul omgewings kan vanuit die stanspoor ingewin word sodat die gevolge van die skakeling ten opsigte van die huishoudings se hulpmiddelbestuur dieper insigte tot gevolg kan he.","PeriodicalId":53194,"journal":{"name":"Journal of Family Ecology and Consumer Sciences","volume":"43 1 1","pages":"20-27"},"PeriodicalIF":0.0,"publicationDate":"2010-03-15","publicationTypes":"Journal Article","fieldsOfStudy":null,"isOpenAccess":false,"openAccessPdf":"","citationCount":null,"resultStr":null,"platform":"Semanticscholar","paperid":"89195740","PeriodicalName":null,"FirstCategoryId":null,"ListUrlMain":null,"RegionNum":0,"RegionCategory":"","ArticlePicture":[],"TitleCN":null,"AbstractTextCN":null,"PMCID":"","EPubDate":null,"PubModel":null,"JCR":null,"JCRName":null,"Score":null,"Total":0}